Chrysocoma esterhuyseniae is 'n meerjarige struik wat deel is van die Asteraceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, vanaf Hopefield tot by Melkbosstrand, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 24 km² en daar is net twee subpopulasies oor. Die plant het 97% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing, ontwikkeling en indringerplante oor die afgelope 90 jaar. Dit is reeds uitgestorwe by 80% van sy amptelike voorkoms gebiede. Indringerplante is steeds 'n bedreiging.

Die spesie is deel van die fynbos.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Chrysocoma Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika