duimnael|regs|Philip Kerr in 1935. Philip Henry Kerr, Markies van Lothian, (18 April 1882 - 12 Desember 1940) was 'n Britse staatsman, skrywer en amptenaar. Hy is in Londen gebore en studeer aan die Universiteit van Oxford. Hy arriveer in 1905 in Suid-Afrika as lid van lord Alfred Milner se beroemde Kindergarten. Hy beklee belangrike betrekkings onder meer dié van assistent-sekretaris vir Interkoloniale Raad en van die Komitee van die Sentraal Suid-Afrikaanse Spoorweë asook die Transvaalse Armlastigheidskommisie. In 1908 word hy redakteur van die The States. Hy sterf in 1940.

Sien ook Milnerisme

Bron

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1882 Kategorie:Sterftes in 1940