Die suurlat (Freylinia visseri) is 'n struik wat deel is van die Scrophulariaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Daar was twee subpopulasies bekend by Velddrif en Hopefield. Een is vernietig toe 'n substasie gebou is in 1954. Die oorblywende populasie bestaan uit 24 plante en word bedreig deur aartappel verbouing.

Die struik se FSA-nommer is 670.4https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die boom is deel van die fynbos.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Freylinia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika