Die Wêreldtoetskampioenskap (Engels: ICC World Test Championship), ook die Toetswêreldbeker (Test World Cup) genoem, is ’n ligakompetisie vir toetskrieket gereël deur die Internasionale Krieketraad (IKR) wat op 1 Augustus 2019 ingestel is. Dit is die premierkampioenskap vir toetskrieket en strook met die IKR se doelwit om een toptoernooi vir elkeen van die drie internasionale krieketformate te hê.

Die oorspronklike planne om die toernooi in 2009 aan te bied en die Kampioenetrofee 2013 te vervang is laat vaar. Dit was herskeduleer vir Junie 2017 met ’n tweede toetskampioenskap wat in Indië in Februarie en Maart 2021 beslis sou word. Die vier beste spanne soos op 31 Desember 2016 – die sperdatum wat deur die IKR bepaal is – sou die toetskampioenskap se drie wedstryde beslis. Oorspronklik is twee halfeindstryde en een eindstryd beplan. In Januarie 2014 is die Wêreldtoetskampioenskap egter gekanselleer en die Kampioenetrofee 2017 heringestel.

In Oktober 2017 het die IKR aangekondig dat sy lede ooreengekom het op ’n toetsliga, waaraan die nege beste spanne oor twee jaar sou deelneem en die twee beste spanne sou mekaar in die eindstryd ontmoet, wat as ’n IKR-geleentheid erken sou word. Die ligawedstryde word egter nie as ’n IKR-geleentheid erken nie en die uitsaairegte behoort aan die lande se beheerliggame en nie aan die IKR nie. In teenstelling met die ligawedstryde word die eindstryd wel as ’n IKR-geleentheid erken. Die eerste Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 het met die As-reeks in 2019 begin en in Junie 2021 geëindig met die eindstryd, waarin Nieu-Seeland Indië met agt paaltjies verslaan het. Die tweede Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 het in 2021 met die Pataudi-trofeereeks begin en in Junie 2023 geëindig met die eindstryd, waarin Australië Indië met 209 lopies verslaan het. Die derde Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 het in Junie 2023 met die As-reeks begin en in Junie 2025 geëindig met die eindstryd, waarin Suid-Afrika die verdedigende kampioen Australië met vyf paaltjies verslaan het. Die vierde Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 het in Junie 2025 begin en sal in Junie 2027 met die eindstryd eindig.

Na die trofee van die Wêreldtoetskampioenskap word as the mace verwys en dit is ’n goue staaf. Met die instelling van die Wêreldtoetskampioenskap het toetskrieket die jongste krieketformaat geword om sy eie IKR-trofee te kry, hoewel dit die oudste krieketformaat is. Hoewel twaalf lande toetsstatus geniet, neem slegs nege lande aan die Wêreldtoetskampioenskap deel, aangesien Afghanistan, Ierland en Zimbabwe nie as sterk genoeg vir deelname geag word nie.

Uitslae JareEindstrydgasheerlandEindstrydplekEindstrydWennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande2019–2021Rose Bowl, Southampton,Verenigde Koninkryk249 & 140/2Nieu-Seeland wen met agt paaltjiesTelkaart217 & 17092021–2023The Oval, Londen,Verenigde Koninkryk469 & 270/8vAustralië wen met 209 lopiesTelkaart296 & 23492023–2025Lord’s, Londen,Verenigde Koninkryk138 & 282/5Suid-Afrika wen met vyf paaltjiesTelkaart212 & 20792025–2027Lord’s, Londen,Verenigde Koninkryk9

Statistiek +Verklaring1steWenner2deNaaswenner3deDerde plekKKwalifiseer vir volgende toernooi

SpanWTK 2019–2021WTK 2021–2023WTK 2023–2025WTK 2025–2027Deelnames – – – – 0 3de 1ste 2de K 4 9de 9de 7de K 4 4de 4de 5de K 4 – – – – 0 2de 2de 3de K 4 1ste 6de 4de K 4 6de 7de 9de K 4 7de 5de 6de K 4 5de 3de 1ste K 4 8ste 8ste 8ste K 4 – – – – 0Deelnemers 9 9 9 9

Sien ook Kampioenetrofee, vir EDI-krieket Krieketwêreldbeker, vir EDI-krieket o/19-krieketwêreldbeker, vir juniorspelers T20I-wêreldbeker, vir T20I-krieket

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Die IKR se amptelike webwerf Die Wêreldtoetskampioenskap op ESPNcricinfo