Die Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 (Engels: 2019–2021 ICC World Test Championship) is van 1 Augustus 2019 tot 23 Junie 2021 beslis. Dit was die eerste Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit het op 1 Augustus 2019 begin met die eerste toets in die As-reeks en op 23 Junie 2021 geëindig met die eindstryd op die Rose Bowl, Southampton, Engeland.
duimnael|links|Die Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 se eindstryd is in Junie 2021 op die Rose Bowl in Southampton beslis Nege van die destydse twaalf toetslande het aan die Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 deelgeneem, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt ander spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse gespeel (drie tuis en drie weg); daar is egter nie vir dieselfde aantal toetswedstryde deur elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum van 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het mekaar in die eindstryd ontmoet. In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel. Vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie is verskeie wedstryde uitgestel of gekanselleer. In November 2020 het die IKR aangekondig dat die finaliste bepaal sou word deur die persentasie aan versamelde wedstrydpunte.
Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks van 2019. Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2018–23, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 deelgeneem het nie. Op 29 Julie 2019 het die IKR die Wêreldtoetskampioenskap amptelik ingestel.
Op 2 Februarie 2021 het Australië weens die wêreldwye Covid-19-pandemie sy wegreeks teen Suid-Afrika uitgestel, waarvolgens Nieu-Seeland die eindstryd gehaal het. Op 6 Maart 2021 het Indië ook die eindstryd gehaal, nadat hulle Engeland tuis met 3–1 verslaan het. Nieu-Seeland het die eindstryd met agt paaltjies gewen, waarvolgens hulle hul tweede IKR-titel ná die Kampioenetrofee 2000 gewen het.
Tabel Plek Span Toetsreekse Toetswedstryde 1 6 5 1 0 17 12 4 1 0 720 520 0 72.2 1.577 2 5 3 1 1 11 7 4 0 0 600 420 0 70.0 1.281 3 4 2 1 1 14 8 4 2 0 480 332 4 69.2 1.392 4 6 4 1 1 21 11 7 3 0 720 442 0 61.4 1.120 5 5 2 3 0 13 5 8 0 0 600 264 6 44.0 0.787 6 5.5 3 3 0 12 4 5 3 0 660 286 0 43.3 0.822 7 6 1 3 2 12 2 6 4 0 720 200 0 27.8 0.729 8 6 1 4 1 13 3 8 2 0 720 194 6 26.9 0.661 9 3.5 0 4 0 7 0 6 1 0 420 20 0 4.8 0.601 Laaste keer hersien: 23 Junie 2021.
Toetsreekse Begin Tuisspan Wegspan Uitslae Punte 2019-seisoen 1 Augustus 2019 2–2 56–56 14 Augustus 2019 1–1 60–60 22 Augustus 2019 0–2 0–120 2019/20-seisoen 2 Oktober 2019 3–0 120–0 14 November 2019 2–0 120–0 21 November 2019 2–0 120–0 11 Desember 2019 1–0 80–20 12 Desember 2019 3–0 120–0 26 Desember 2019 1–3 30–90 7 Februarie 2020 (1–0) 21 Februarie 2020 2–0 120–0 2020-seisoen 8 Julie 2020 2–1 80–40 5 Augustus 2020 1–0 66–26 2020/21-seisoen 3 Desember 2020 2–0 120–0 17 Desember 2020 1–2 40–70 26 Desember 2020 2–0 120–0 26 Desember 2020 2–0 120–0 14 Januarie 2021 0–2 0–120 26 Januarie 2021 2–0 120–0 3 Februarie 2021 0–2 0–120 5 Februarie 2021 3–1 90–30 21 Maart 2021 0–0 40–40 21 April 2021 1–0 80–20 10 Junie 2021 0–2 (−6)–120 Weens die Covid-19-pandemie gekanselleer 2019/20 2020 2020/21
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 op ESPNcricinfo
2019–2021 Kategorie:Sport in 2019 Kategorie:Sport in 2020 Kategorie:Sport in 2021