Die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 (Engels: 2021–2023 ICC World Test Championship) is van 4 Augustus 2021 tot 11 Junie 2023 beslis. Dit was die tweede Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit het op 4 Augustus 2021 begin met die eerste toets in die Pataudi-trofeereeks en op 11 Junie 2023 geëindig met die eindstryd op The Oval in Londen, Engeland.
duimnael|links|Die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 se eindstryd is in Junie 2023 op The Oval in Londen beslis Nege van die destydse twaalf toetslande het aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 deelgeneem, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse gespeel (drie tuis en drie weg); daar is egter nie vir dieselfde aantal toetswedstryde deur elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum van 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het mekaar in die eindstryd ontmoet. In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel.
Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks van 2021/22. Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2018–23, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 deelgeneem het nie.
Beide Australië en Indië het die eindstryd tydens die Border-Gavaskar-trofee gehaal, Australië op 5 Maart nadat hulle die derde toets gewen het en Indië nadat die vierde toetswedstryd op 13 Maart 2023 onbeslis geëindig het. Australië het die eindstryd met 209 lopies gewen, waarvolgens hulle die eerste span geword het wat al die IKR-titels ten minste een keer kon wen.
Tabel Plek Span Toetsreekse Toetswedstryde 1 6 4 2 1 19 11 3 5 0 228 152 0 66.7 2 6 4 1 1 18 10 5 3 0 216 127 5 58.8 3 6 3 2 1 15 8 6 1 0 180 100 0 55.6 4 6 3 2 1 22 10 8 4 0 264 124 12 47 5 6 2 2 2 12 5 6 1 0 144 64 0 44.44 6 6 1 2 3 13 4 6 3 0 156 60 0 38.46 7 6 1 2 3 14 4 6 4 0 168 64 0 38.1 8 6 2 3 1 13 4 7 2 0 156 54 2 34.6 9 6 0 4 2 12 1 10 1 0 144 16 0 11.1 Laaste keer hersien: 11 Junie 2023.
Toetsreekse Begin Tuisspan Wegspan Uitslae Punte 2021-seisoen 4 Augustus 2021 (2–1) (14–26) 12 Augustus 2021 1–1 12–12 2021/22-seisoen 21 November 2021 2–0 24–0 25 November 2021 1–0 16–4 26 November 2021 0–2 0–24 8 Desember 2021 4–0 52–4 26 Desember 2021 2–1 24–11 1 Januarie 2022 1–1 12–12 17 Februarie 2022 1–1 12–12 25 Februarie 2022 2–0 24–0 3 Maart 2022 0–1 8–20 8 Maart 2022 1–0 18–8 30 Maart 2022 2–0 24–0 2022-seisoen 15 Mei 2022 0–1 4–16 2 Junie 2022 3–0 32–0 16 Junie 2022 2–0 24–0 29 Junie 2022 1–1 12–12 16 Julie 2022 1–1 12–12 17 Augustus 2022 2–1 24–12 2022/23-seisoen 30 November 2022 2–0 24–0 1 Desember 2022 0–3 0–36 14 Desember 2022 0–2 0–24 17 Desember 2022 2–0 28–4 27 Desember 2022 0–0 8–8 9 Februarie 2023 2–1 28–16 28 Februarie 2023 2–0 24–0 9 Maart 2022 2–0 24–0
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 op ESPNcricinfo
2021–2023 Kategorie:Sport in 2021 Kategorie:Sport in 2022 Kategorie:Sport in 2023