Die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 (Engels: 2023–2025 ICC World Test Championship) is van 16 Junie 2023 tot 14 Junie 2025 beslis. Dit was die derde Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit het op 16 Junie 2023 begin met die eerste toets in die As-reeks en op 14 Junie 2025 geëindig met die eindstryd op Lord’s in Londen, Engeland.
duimnael|links|Die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 se eindstryd is in Junie 2025 op Lord’s in Londen beslis Nege van die destydse twaalf toetslande het aan die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 deelgeneem, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse (drie tuis en drie weg) gespeel; daar is egter nie vir dieselfde aantal toetswedstryde deur elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum van 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het mekaar in die eindstryd ontmoet. In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel.
Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks van 2023. Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2024–2031, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 deelgeneem het nie.
Suid-Afrika het die eindstryd gehaal nadat hulle op 29 Desember 2024 Pakistan in die eerste toetswedstryd van die reeks geklop het. Australië het op 5 Januarie 2025 gevolg nadat hulle die vyfde toetswedstryd teen Indië gewen het. Suid-Afrika het die eindstryd met vyf paaltjies gewen, waarvolgens hulle hul tweede IKR-titel ná die Kampioenetrofee 1998 gewen het.
Tabel Plek Span Toetsreekse Toetswedstryde 1 6 4 1 1 12 8 3 1 0 144 100 0 69.4 2 6 4 0 2 19 3 4 2 0 228 154 10 67.5 3 6 3 2 1 19 9 8 2 0 228 114 2 50.0 4 6 2 3 1 14 7 7 0 0 168 81 3 48.2 5 6 3 2 1 22 11 10 1 0 264 114 22 43.2 6 6 2 4 0 13 5 8 0 0 156 60 0 38.5 7 6 1 3 2 12 4 8 0 0 144 45 3 31.3 8 6 0 3 3 13 3 8 2 0 156 44 0 28.2 9 6 2 3 1 14 5 9 0 0 168 47 13 28.0 Laaste keer hersien: 15 Junie 2025.
Toetsreekse Begin Tuisspan Wegspan Uitslae Punte 2023-seisoen 16 Junie 2023 2−2 9−18 12 Julie 2023 0−1 4−16 16 Julie 2023 0−2 0−24 2023/24-seisoen 28 November 2023 1−1 12−12 14 Desember 2023 3−0 36−(-2) 26 Desember 2023 1−1 12−10 17 Januarie 2024 1−1 12−12 25 Januarie 2024 4−1 48−12 4 Februarie 2024 2−0 24−0 29 Februarie 2024 0−2 0−24 22 Maart 2024 0−2 0−24 2024-seisoen 10 Julie 2024 3−0 36−0 7 Augustus 2024 0−1 4−16 21 Augustus 2024 0−2 (-6)−21 21 Augustus 2024 2−1 24−12 2024/25-seisoen 18 September 2024 2−0 24−0 19 September 2024 2−0 24−0 7 Oktober 2024 2−1 24−12 16 Oktober 2024 0−3 0−36 21 Oktober 2024 0−2 0−24 22 November 2024 1−1 12−12 22 November 2024 3−1 40−16 27 November 2024 2−0 24−0 28 November 2024 1−2 9−21 26 Desember 2024 2−0 24−(-5) 16 Januaris 2025 1−1 12−12 29 Januarie 2025 0−2 0−24
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025 op ESPNcricinfo
2023–2025 Kategorie:Sport in 2023 Kategorie:Sport in 2024 Kategorie:Sport in 2025