Erepsia hallii is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Atlantis tot by Darling voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 60 km². Daar is twee subpopulasies en die plant staan habitat af aan indringerplante en gewasverbouing. Die plant is deel van die Renosterveld.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
hallii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika