Erepsia patula is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Wellington tot by Somerset-Wes, insluitende die Kaapse Skiereiland voor. Daar is tien populasies bekend in 'n voorkomsgebied van 3500 km². Die plant het gedeeltes van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en ontwikkeling. Indringerplante is ook 'n bedreiging asook te ongereelde brande op die laer hellings van Leeukop. Die plant is deel van die fynbos.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
patula Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika