Erepsia pillansii is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Piketberg voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 900 km². Daar is minder as tien subpopulasies oor wat bedreig word deur die aanplant van boegoe, vrugte boorde en wingerde. Ander bedreigings is indringerplante soos Pinus-spesies, oord ontwikkeling, dam konstruksie en ongereelde veldbrande. Die plant is deel van die fynbos.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
pillansii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika