Erepsia ramosa is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Piketberg tot by die Kaapse Vlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 6500 km² en het reeds 90% van sy habitat afgestaan aan koringverbouing. Die oorblywende subpopulasies is gefragmenteerd en hul getalle neem af, veral by Malmesbury en die Paarl aook die Kaapse Vlakte. Die plant is deel van die fynbos- en Renosterveld-biome.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

ramosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika