Muraltia arachnoidea is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Piketberg voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 245 km² en die plant is deel van die fynbos. Daar word geskat dat die spesie reeds 20% van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing. Rooibos, graan en sitrus-verbouing hou ook 'n bedreiging vir die spesie in.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika