Muraltia thunbergii is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Darling tot by Franschhoek asook in die Kaapse Skiereiland voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1400 km² en die plant is deel van die fynbos. Die spesie het reeds groot gedeeltes van sy habitat afgestaan; 36% in die Kaapse Vlakte aan ontwikkeling en gewasverbouing. Laasgenoemde is steeds 'n bedreiging by Joostenberg en Franschhoek terwyl indringerplante steeds 'n bedreiging is.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika