Auto-GPT is 'n "kunsmatige intelligensie-agent" ('n soort toep) wat 'n doelwit in natuurlike taal gegee word, en dan probeer om dit te bereik deur dit in subtake onder te verdeel, en die internet en ander nutsgoed in 'n outomatiese kringloop te betrek. Dit gebruik OpenAI se GPT-4 of GPT-3.5 protokol-koppelvlakke (API's), en is een van die eerste voorbeelde van 'n toepassing wat GPT-4 gebruik om outonome take uit te voer. Die oopbronkode-platform is in Maart 2023 via GitHub vrygestel, en die ouermaatskappy het die ontwikkeling deur waagkapitaal befonds. Ontwikkelaars kan die kode self uitvoer, maar die maatskappy bied 'n koppelvlak op AutoGPT GitHub wat infrastruktuur, veilige geheue en operasionele ondersteuning teen 'n fooi hanteer.
Besonderhede Anders as interaktiewe stelsels soos ChatGPT, wat handingevoerde opdragte vir elke taak vereis, ken Auto-GPT aan homself nuwe doelwitte toe om aan te werk ten einde 'n groter doelwit te bereik, sonder 'n noodsaaklike behoefte aan menslike insette. Dit is in staat om reaksies op aansporings uit te voer om 'n doeltaak te bereik, en sal sodoende in reaksie op nuwe inligting sy eie aanwysings skep en hersien tot rekursiewe gevalle. Dit bestuur korttermyn- en langtermyngeheue deur na databasisse en lêers te skryf en daarvan te lees; bestuur konteksvensterlengtevereistes met opsomming; kan internetgebaseerde aksies soos websoektogte, webvorm en API-interaksies sonder toesig uitvoer; en sluit teks-na-spraak vir stemuitvoer in.
Waarnemers beklemtoon Auto-GPT se vermoë om kode herhalend te skryf, foute op te spoor, te toets en wysig, wat selfs voorstel dat hierdie vermoë kan uitbrei na Auto-GPT se eie bronkode wat 'n mate van selfverbetering moontlik maak. Aangesien die onderliggende GPT-modelle egter in privaatbesit is, kan Auto-GPT dit egter nie verander nie.
Agtergrond duimnael|regs|Een van die Auto-GPT-logo's wat deur die ontwikkelaar-gemeenskap geskep is. Etlike afgeleide embleme is geskep, aangesien die oopbronkode verskillende koppelvlakke, aftakkings en integrasies het. Op 14 Maart 2023 het OpenAI die groot taalmodel GPT-4 vrygestel. Waarnemers was beïndruk deur die model se aansienlik verbeterde werkverrigting oor 'n wye reeks take. As 'n teksvoorspellingsmodel het GPT-4 self geen vermoë om aksies outonoom uit te voer nie, maar tydens voorvrystelling veiligheidstoetse het rooi-span navorsers bevind dat GPT-4 in staat gestel kan word om aksies in werklike situasies uit te voer soos om 'n TaskRabbit-werker te oortuig om 'n CAPTCHA-uitdaging op te los. 'n Span Microsoft-navorsers het aangevoer dat, gegewe GPT-4 se wydte van vermoëns op vlakke wat dié van mense benader, GPT-4 "redelikerwys beskou kan word as 'n vroeë (maar steeds onvolledige) weergawe van 'n kunsmatige algemene intelligensie- (KAI) stelsel." Die navorsers het beklemtoon dat hul eksperimente ook beduidende beperkings in die stelsel gevind het.
Auto-GPT is op 30 Maart 2023 deur Toran Bruce Richards, die stigter van die videospeletjiemaatskappy Significant Gravitas Ltd vrygestel. Dit het kort ná sy vrystelling die top-tendens-bewaarplek op GitHub geword, en is sedertdien herhaaldelik op Twitter as tendens voorgehou.
Vraagstukke Of Auto-GPT praktiese aanneming sal vind, is onseker. Benewens die feit dat dit deur 'hallusinasies' van die onderliggende groot taalmodel geteister word, het Auto-GPT dikwels ook probleme om op die taak gefokus te bly, albei probleme wat ontwikkelaars steeds probeer aanspreek. Nadat 'n taak suksesvol voltooi is, onthou dit gewoonlik nie hoe om dit uit te voer vir latere gebruik nie, en wanneer dit wel gedoen word, soos wanneer dit 'n program skryf, sal dit dikwels nie onthou om die program later te gebruik nie. Auto-GPT sukkel om take effektief te ontleed en sukkel om probleemkontekste en die wyse waarop doelwitte oorvleuel te verstaan.
Toepassings Ontwikkelaars het AgentGPT geskep, wat AutoGPT in 'n mens se webblaaier integreer, sodat nie-programmeerders hul eie agente kan skep. Auto-GPT is ook gebruik om ChaosGPT te skep, met die gestelde doel om die mensdom te vernietig, wat dit egter nie dadelik suksesvol kon uitvoer nie.
Verdere leeswerk Pounder, Les (15 April 2023). "How To Create Your Own Auto-GPT AI Agent". Tom's Hardware. Besoek op 16 April 2023.
Verwysings
Kategorie:Kunsmatige intelligensie