duimnael|regs|Die Vlag van Brits-Oos-Afrika. duimnael|regs|'n Kaart van Brits-Oos-Afrika in 1909. Brits-Oos-Afrika (Engels: British East Africa) of die Oos-Afrikaanse Protektoraat (Engels: East Africa Protectorate) was 'n Britse protektoraat wat die huidige Kenia beslaan het.British East Africa CompanyKenya Protectorate Order in Council, 1920 S.R.O. 1920 No. 2343, S.R.O. & S.I. Rev. VIII, 258, State Pp., Vol. 87 p. 968

Geskiedenis In 1907 het die nuutgestigte stad Nairobi die hoofstad geword. Brits-Oos-Afrika het 'n oppervlakte van 818 650 km² gehad.British East Africa, by Grant Sinclair

In 1888 het die Britse Oos-Afrikaanse Kompanjie by die Sultanaat van Zanzibar die reg verkry om sowat 200 kilometer van die Keniaanse kus te beheer. Die gebied was binne die Britse invloedsfeer soos ooreengekom in 1885 by die Berlynse Koloniale Konferensie. Met die ondergang van die Britse Oos-Afrikaanse Kompanjie het die gebied 'n Britse regeringskolonie geword en is die Oos-Afrikaanse Protektoraat in 1895 gestig. Daarna het die kolonisasie van die binneland begin. In 1902 is 'n deel van Uganda by die Oos-Afrikaanse Protektoraat gevoeg in verband met die bou van 'n spoorlyn. In 1920 is die Oos-Afrikaanse Protektoraat omskep in die Protektoraat van Kenia."Commonwealth and Colonial Law" by Kenneth Roberts-Wray, London, Stevens, 1966. P. 761

Die streek rondom Witu was nie formeel deel van Brits-Oos-Afrika nie. Grondwetlik het dit aan die Sultanaat van Zanzibar behoort en het oorspronklik onder die Duitse invloedsfeer as Witu geval, maar het ná die Zanzibar-verdrag in 1890 'n Britse protektoraat geword met die naam Witu-Protektoraat.Kenya (Annexation) Order in Council, 1920, S.R.O. 1902 No. 661, S.R.O. & S.I. Rev. 246.

Verwysings

Eksterne skakels

Unimaps.com: 1901 Map of British East Africa Protectorate (Kenya) Purl.pt: A map of part of Eastern Africa, prepared by authority of the Imperial British East Africa Company (1889)