Die slaaibos (Didelta spinosa) is meerjarige, struik wat deel is van die Asteraceae familie. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Namibië. Die spesie is deel van die fynbos in Namakwaland en Sukkulente Karoo in die Richtersveld en die suide van Namibië. Die struik word tot 2 m hoog en blom van Julie tot September. Die blomme is geel.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018
Die plant se FSA-nommer is 736.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Didelta Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika