Drammen 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie (Fylke) 15px Buskerud Koördinate  Stigting 1811 Oppervlakte:    - Totaal 137 vk km  Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2022) 103 291  - Bevolkingsdigtheid 754/vk km  - Taalvorm Onsydig Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,6 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie –3,3 / 18,0 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 808,6 mm Burgemeester Kjell Arne Hermansen (H) Amptelike webwerf drammen.kommune.no

Drammen (Noors: [dɾàmːən], ) is die sewende grootste stad in Noorweë ná Oslo, Bergen, Trondheim, Stavanger, Bærum en Kristiansand met 'n oppervlakte van 137 vierkante kilometer en 'n bevolking van 103 291 (soos op 31 Desember 2022). Drammen lê 41 kilometer suidwes van Oslo by die uitmonding van die Drammenselva-rivier in die Drammensfjord in die Suidoos-Noorse provinsie (fylke) Buskerud en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Die munisipaliteit grens in die noordooste aan die kommune Lier, in die suidooste aan Selvik, in die suide aan Sande en in die weste aan Hof en Nedre Eiker. Met 'n bevolking van 104 487 is Drammen die sentrum van die sesde grootste stedelike gebied in Noorweë, geleë in die land se digbevolkte ooste, en 'n belangrike nywerheidstad, uitvoerhawe en spoorwegterminus.

duimnael|links|'n Uitsig oor Deammen, sy rivierhawe en die fjord Die oorspronge van Drammen strek terug tot in die Middeleeue toe twee nedersettings in die gebied gevestig is, Bragernes en Strømsø. Gedurende die 15de eeu het hierdie streek danksy sy houtuitvoere reeds handelsbetrekkinge met Europese lande gehandhaaf, met Strømsø en Tangen as belangrike uitvoerhawens. In 1811 het die nedersettings saamgesmelt tot die nuwe munisipaliteit Drammen. Die houtbedryf met saagmeule het net soos die ligging langs die rivier en die toegang tot die Atlantiese Oseaan het bygedra tot Drammen se ekonomiese groei. 'n Tyd lank was Drammen die tuishawe van Noorweë se grootste vloot seilskepe wat hout na Engeland en vastelandse uitvoermarkte vervoer het.

In die tyd van die nywerheidsomwenteling het papiermeule, ysteraanlegte, glas- en tekstielfabrieke, skeepsbouwerwe en ander nywerhede ontstaan. Intussen het hierdie fabrieke, wat met water- en lugbesoedeling verbind is, plek gemaak vir nuwe aanlegte wat onder meer elektroniese, grafiese en voedselprodukte vervaardig. Drammen is daarnaas 'n modelstad vir inligtingstegnologiegebaseerde ekonomiese groei en moderne stadsbeplanning in 'n smart city. arrow.com: Drammen – The Making of a Smart City. Case study. Besoek op 13 September 2020

Verwysings

Eksterne skakels Wiki-webtuistes

Amptelike webwerwe

Amptelike webwerf

Ensiklopediese inligting

Toerisme

Visit Norway: The Drammen Region Go Norway: Drammen

Drammen as 'n slim stad

EE Times Europe, 30 September 2019: Smart-City Solutions Burnish Drammen’s Industrial Image

Kategorie:Nedersettings langs die Noordsee Kategorie:Nedersettings in Noorweë