Oseanië 200px|Ligging van Oseanië op 'n wêreldkaart Oppervlakte 8 525 989 km² (7de) Bevolking 36 659 000 (2010, 6de) Bevolkingsdigtheid 4,19/km² Lande 15 Afhanklike gebiede 25 Tale Engels, Frans en Oseaniese tale soos Hawais en Māori Tydsones UTC+14 (Kiribati) tot UTC-11 (Amerikaans-Samoa en Niue) Grootste stede Sydney Melbourne Brisbane Perth Auckland Adelaide Wellington Honolulu Canberra Christchurch Djajapoera Port Moresby Nouméa Goudkus

Oseanië is die kollektiewe naam vir 'n groot aantal eilande in die Stille Oseaan. Die gebied word meestal in drie eilandgroepe ingedeel: Melanesië, Mikronesië en Polinesië. "Oceania". 2005. The Columbia Encyclopedia, 6th ed. Columbia University Press. In 'n breër sin verwys die term Oseanië na al die eilande tussen Suidoos-Asië en die Amerikas, insluitende Australasië en die Maleise argipel.

In 'n ruimer perspektief word Australië, Nieu-Guinee en Nieu-Seeland ook as deel van Oseanië gesien. Mense praat dan van die kontinent Oseanië, hoewel dit strenggesproke foutief is omrede slegs die Australiese kontinent (Sahoellandplaat) as 'n kontinent gereken word.

Lande Die kaart met skakels hieronder wys die eksklusiewe ekonomiese streke van die eilande van Oseanië en omliggende gebiede as ’n gids vir die volgende tabel. (Duidelike politieke grense is onmoontlik op ’n kaart van die Stille Oseaan op hierdie skaal.)

duimnael|300px|Nasa-Satellietbeeld van Oseanië duimnael|300px|Kaart van Oseanië duimnael|300px|Verspreiding van eilandgroepe in Oseanië duimnael|300px|Politiese kaart van Oseanië duimnael|300px|Indeling van Oseanië in substreke volgens kulturele kriteria Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak(km²) Bevolking USCensusBureau:Countries and Areas Ranked by Population: 2009 Bevolkingsdigtheid(per km²) HoofstadAustralasië Ashmore- en Cartiereilande (Australië) 199 7 686 850 23 034 879 3 Canberra (Australië) 135 1 493 4 Flying Fish Cove (Australië) 14 628 45 West Island Koraalsee-eilande (Australië) 10 4 268 680 4 465 900 17 Wellington (Australië) 35 2 302 62 Kingston Melanesië 18 270 856 346 47 Suva (Frankryk) 19 060 240 390 13 Nouméa Molukke (Indonesië) 74 505 1 895 000 23px Papua (Indonesië) 319 036 3 486 432 11 Djajapoera 23px Wes-Papua (Indonesië) 140 375 760 855 5 Manokwari 462 840 5 172 033 11 Port Moresby 28 450 494 786 17 Honiara 12 200 240 000 20 Port Vila Mikronesië 702 135 869 194 Palikir (Verenigde State) 549 160 796 293 Hagåtña 811 96 335 119 Suid-Tarawa 181 73 630 407 Majuro 21 12 329 587 Yaren (de facto) (Verenigde State) 477 77 311 162 Saipan 458 19 409 42 Ngerulmud 23px Wake-eiland (Verenigde State) 2 150 Wake-eiland Polinesië (Verenigde State) 199 68 688 345 Pago Pago (Nieu-Seeland) 240 20 811 87 Avarua (Chili) 164 5 761 31 Hanga Roa (Frankryk) 4 167 257 847 62 Papeete 23px Hawaii (Verenigde State) 16 636 1 360 301 82 Honolulu (Nieu-Seeland) 260 2 134 8 Alofi (Verenigde Koninkryk) 5 47 10 Adamstown 2 944 179 000 63 Apia (Nieu-Seeland) 10 1 431 143 748 106 137 142 Nukuʻalofa 26 11 146 429 Funafuti (Frankryk) 274 15 585 57 Matāʻutu Totaal 8 919 530 41 050 699 4 Totaal sonder vastelandse Australië 1 232 680 19 022 699 15

Algemene gegewens duimnael|Aoraki/Mount Cook, geleë op die Nieu-Seelandse Suideiland duimnael|Poensjak Djaia/Carstenszpiramide, die hoogste bergpiek van Oseanië Die Stille Oseaan is die grootste aaneengeslote watermassa op aarde. Dit is twee maal groter as die Atlantiese Oseaan; op sy breedste is hy meer as 20 000 km breed, terwyl die oppervlakte meer as 180 miljoen km² beslaan. Op sommige plekke, in die sogenaamde trôe (so as die Tongatrog en die Marianatrog), is die see meer as 11 km diep. Na raming is daar meer as 7 000 eilande in die gebied, waarvan net meer as 2 600 bewoon word.

Die grootte van die eilande wissel baie: Nieu-Guinee beslaan meer as 800 000 km², Tahiti sowat 1 000 km², terwyl Puka-Puka net 5 km² groot is. Slegs sowat 1% van die totale oppervlakte van die Stille Oseaan bestaan uit landmassas. Die eilande het op verskillende maniere ontstaan. Nieu-Guinee is 'n kontinentale eiland en het vroeër deel uitgemaak van 'n vasteland of kontinent. Vanweë die styging van die seevlak na die laaste ystyd is die laagste dele van die kontinent oorstroom, terwyl die hoër liggende gebiede, wat droog gebly het, eilande geword het. Tahiti en Puka-Puka is egter oseaniese eilande, wat nie deel uitgemaak het van 'n vasteland nie.

Daar kan tussen twee soorte oseaniese eilande onderskei word, naamlik vulkaniese en die kleiner koraaleilande. Vulkaniese eilande bestaan uit die pieke van vulkane wat so hoog van die seebodem af strek dat hulle redelik ver bo die water uitsteek. Gewoonlik bestaan vulkaniese eilande uit 'n aantal pieke en tussenruimtes wat opgevul is met vulkaniese afskeidings- en verweringsmateriaal. Tipiese voorbeelde is die Hawaii-eilande, die Geselskapseilande (Archipel de la Société, waarvan Tahiti deel uitmaak) en die Marquesaseilande.

Vulkaniese eilande is meestal baie vrugbaar en die hoë reënval maak oorvloedige plantegroei moontlik. Koraaleilande is daarenteen laag en steek net 'n paar meter bo die seevlak uit. Hulle is opgebou uit kalk wat deur koraaldiertjies gevorm word. Namate die seevlak na die ystyd gestyg het, het die korale ook al hoe hoër gegroei en uiteindelik ’n koraalrif rondom die langsaam kleiner wordende vasteland of eiland gevorm. Baie vulkaniese eilande het vandag sulke riwwe, wat 'n beskerming teen die geweld van die oseaan vorm.

Wanneer so 'n (vulkaniese) eiland met verloop van tyd geheel en al onder die water verdwyn, bly net 'n koraalring oor, ’n wye krans van kalksteen, wat as ’n atol bekend staan. Die vlak water binne die ring vorm 'n lagune. Wind en golwe verweer die kalkrande en vorm 'n reeks los, lae eilandjies, wat uit 'n soort growwe sand op 'n rotsagtige ondergrond bestaan. Hierdie lae eilande is oor die algemeen droog en onvrugbaar en net 'n paar plante kan daar groei.

Die verskillende spesies van die genus Pandanus (familie Pandanacea) en die kokospalm (Cocos nucifera) is die belangrikste plantegroei. Hoewel die meeste atolle ’n omtrek van 'n paar kilometer het, is net 'n paar van die talle eilandjies bewoonbaar. Die eilande van die Stille Oseaan word in die volgende hoofgroepe verdeel: Polinesië, Melanesië en Mikronesië.

Terminologie Soomriwwe (ook kusriwwe genoem) Hulle ontwikkel op die seebodem teenaan die kus en smelt plek-plek daarmee saam.

Walriwwe duimnael|'n Eiland met 'n strandrif in Mikronesië "Coral reefs around the world". Walriwwe (Engels: barrier reefs), lê ewewydig met die kus, maar word deur 'n breë seestrook, 'n strandkanaal genoem, daarvan geskei. Hulle kan tussen 100 meter en meer as 100 kilometer van die kus af lê en honderde kilometers lank wees. Die groot, beroemde walrif aan die kus van Queensland in Australië is ongeveer 2 000 kilometer lank en ongeveer 150 kilometer van die kus. Hierdie rif beskerm wel die kus teen die aanslae van die see, maar dit bou ook groot gevaar vir die skeepvaart in. Baie skepe het reeds hier gestrand, terwyl ander ernstig deur die vlak uitlopers van die rif beskadig is.

Atolle (strandmeereilande) Dit is lae koraaleilande wat 'n kring vorm om die stukkie see wat bulle insluit. Op party plekke is die rif onderbreek en kan mens die strandmeer in die middel (diepte tot 150 meter) van die oop see af bereik. Volgens die bioloog Charles Darwin het die atolle ontstaan deurdat koraalneerslae om klein eilande gevorm het.

Soos die koraalrif groei, sink die eiland totdat dit geheel en al onder die see verdwyn, en ons het dan 'n strandmeer, omring deur die kring van koraaleilande. Hoewel hierdie teorie vandag die meeste aanhang geniet, is daar bewyse dat dit in sy eenvoudigste vorm nie die enigste verklaring vir die vorming van atolle is nie.

Polinesië

duimnael|Kaart van Polinesië Die eilande binne ’n denkbeeldige driehoek wat deur Hawaii (Verenigde State), Nieu-Seeland en Paaseiland (Chili) gevorm word, staan bekend as Polinesië ("baie eilande"). Die gebied het 'n bevolking van sowat 10 miljoen. Die Polinesiërs toon, ondanks die dikwels groot afstande tussen die verskillende eilandgroepe, baie ooreenkomste ten opsigte van taal en kultuur.

Naas die reeds genoemde grenseilande, behoort onder meer die volgende tot Polinesië: die Cookeilande (Nieu-Seeland), die Geselskapseilande (Frankryk), die atolle van die Tuamotu-argipel (Frankryk), die Samoa-eilande (deels selfstandig, deels Verenigde State), die Tonga-eilande (selfstandig), die Marquesaseilande (Frankryk) en Tuvalu, die voormalige Britse Eillice-eilande wat sedert 1975 onafhanklik is.

Mikronesië

duimnael|Kaart van Mikronesië Mikronesië ("klein eilande") word begrens deur ’n denkbeeldige lyn wat deur Hawaii en Nieu-Seeland loop in die ooste, deur Japan en die Filippyne in die weste en deur die Filippyne en Fidji in die suide. In hierdie gebied het sowat 1 miljoen mense gewoon.

Die meeste eilande in hierdie gebied is atolle, terwyl 'n paar, soos Yap, Ponape of Saipan, vulkaniese eilande is. Net soos die atol Tarawa het Saipan tydens die Tweede Wêreldoorlog bekend geword vanweë die verwoede stryd tussen die Verenigde State en Japan om besit van hierdie strategies belangrike eilande. Mikronesië sluit ook die Mariana-, die Karoline-, die Marshall-, die Palau-en die Kiribati-eilande in. Sedert die Tweede Wêreldoorlog staan al hierdie groepe, met uitsondering van die Gefedereerde State van Mikronesië, Kiribati, Marshalleilande, Nauru en Palau, onder die bestuur van die Verenigde State (die sogenaamde eilandgebiede).

Melanesië

duimnael|Kaart van Melanesië Melanesië ("swart eilande", so genoem na aanleiding van die donker velkleur van die bewoners) bestaan meestal uit kontinentale eilande wat in 'n lang boog noordoos van Australië uitgestrek lê. Daar is meer as 10 miljoen inwoners in hierdie gebied. Die bevolking van hierdie eilande is baie minder homogeen as die van die ander twee groepe.

Die meeste van hulle is wel donker van kleur, maar die taal en kultuur verskil aansienlik. Die belangrikste eiland in hierdie groep is Nieu-Guinee (dit behoort gedeeltelik aan Indonesië en is gedeeltelik onafhanklik). Ander eilande wat tot die groep behoort, is Nieu-Brittanje (Papoea-Nieu-Guinee), die Salomonseilande (Brittanje), die Nuwe Hebride (Vanuatu), die Fidji-eilande (selfstandig), Trobriand-eiland (Papoea-Nieu-Guinee) en Nieu-Kaledonië (Frankryk).

Ekonomiese betekenis duimnael|Toerisme in Tahiti duimnael|James Cook se skepe in Tahiti Oseanië het reeds vroeg in die 19de eeu ekonomies aanloklik geword. Die walvis is op groot skaal gejag en die handel in sandelhout het gebloei. Ander belangrike produkte was kopra (gedroogde klapper), suiker, pynappels, vis en fosfaat. Kopra, die gedroogde vleis van die kokosneut, is 'n belangrike grondstof vir die vervaardiging van seep en margarien.

Toe die handelsmoontlikhede daarvan bekend word, is die kokospalm op groot skaal aangeplant en na raming was daar met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog ongeveer 50 miljoen kokospalms in Oseanië. Meer as 'n kwartmiljoen ton kopra word jaarliks na die kopraverwerkende nywerhede van die Westerse lande uitgevoer. ’n Deel van die kopra word deur die inheemse bevolking geproduseer, terwyl die res verkry word van groot plantasies wat in besit van Westerse ondernemings is.

Hierdie ondernemings het 'n groot invloed op die daaglikse lewe in die gebiede waar hulle plantasies het, veral in Melanesië. In teenstelling met kopra, wat byna oral geproduseer word, is die verbouing van suikerriet beperk tot 'n paar eilandgroepe, naamlik Hawaii, waar Amerikaanse kapitaal geïnvesteer is, die Fidji-eilande (met Britse geld) en die Mariane-eilande, waar Japan groot belange het. Die verbouing van suikerriet is sowel kapitaal- as arbeidsintensief. Die investering en bestuur het van buite gekom en arbeiders moes mettertyd ingevoer word. Die inheemse bevolking was nie in die monotone roetinewerk op die suikerplantasies geïnteresseerd nie.