Hierdie artikel handel oor die legende van die wandelende Jood. Vir 'n artikel oor die plant, sien Wandelende jood (plant). thumb|200px|Die Wandelende Jood, deur Gustave Doré.

Die wandelende Jood is 'n mitiese onsterflike man wie se legende in die 13de eeu in Europa begin versprei het. Dit is die eerste keer in 1866 en 1868 in twee dele gepubliseer, en daarna weer in 1877 en in baie ander uitgawes.

In die oorspronklike legende bespot 'n Jood vir Jesus op pad na die kruisiging, en word toe vervloek om die aarde te bewandel tot met die Wederkoms. Die presiese aard van die wandelaar se mistasting en die aspekte van sy karakter verskil in verskillende weergawes van die storie; in sommige is hy 'n skoenmaker of ander soort handelaar, in ander is hy 'n portier op die landgoed van Pontius Pilatus.

Naam 'n Vroeë manuskrip met die legende wat bewaar gebly het, is die Flores Historiarum deur Roger van Wendover, waarin dit in die deel vir die jaar 1228 verskyn. Die sentrale figuur se naam is "Cartaphilus" voordat hy later deur Ananias "Joseph" gedoop word. Die wortel van die naam "Cartaphilus" kan verdeel word in kartos en filos, wat rofweg vertaal kan word as "teer" en "geliefde", wat die legende van die wandelende Jood verbind met "die dissipel vir wie Jesus baie lief was".

thumb|links|200px|'n Aanpassing van die motief van die wandelende Jood (Basel, 1820-1840, Joodse Museum van Switserland). Die naam Ahasver is sedert minstens die 17de eeu aan die wandelende Jood gegee; dit is oënskynlik 'n aanpassing van Ahasveros (Xerxes), die Persiese koning in die boek Ester, wat nie 'n Jood was nie en onder Middeleeuse Jode 'n ideale voorbeeld van 'n dwaas was. Dié naam is dalk gekies omdat die boek Ester die Jode beskryf as 'n volk wat vervolg word en wat oor elke provinsie van Ahasveros se groot Achaemenidiese Ryk verstrooi was.

'n Verskeidenheid name is sedertdien aan die wandelende Jood gegee, insluitende "Matathias", "Buttadeus" en "Isaac Laquedem" – sy naam in Frankryk en die Lae Lande, in gewilde legendes sowel as in 'n roman deur Dumas. Die naam "Paul Marrane" ('n verengelste weergawe van Giovanni Paolo Marana, die vermeende skrywer van Letters Writ by a Turkish Spy) is verkeerdelik aan hom toegedig deur 'n artikel van die Encyclopædia Britannica van 1911, maar die fout het gewilde kultuur beïnvloed. Die naam van die wandelende Jood in die Letters is "Michob Ader".

Die naam "Buttadeus" (Botadeo in Italiaans; Boutedieu in Frans) kom heel waarskynlik van 'n kombinasie van die algemene Latynse weergawe van batuere ("om te slaan") en die woord vir God, Deus. Soms word die naam verkeerdelik vertolk as "Votadeo", wat beteken "toegewy aan God", wat 'n ooreenkoms toon met die etimologie van die naam "Cartaphilus".

In lande waar Duits of Russies gepraat word, word klem gelê op die ewigdurende aard van sy straf en is hy bekend as die ewige Jood (Ewiger Jude; вечный жид, wjetsjni zjid). In Frans en ander Romaanse tale word verwys na sy wandelings, soos in le Juif errant (Frans), judío errante (Spaans) of l'ebreo errante (Italiaans). Dié voorbeeld word sedert die Middeleeue in Engels gevolg met die naam Wandering Jew. In Fins word hy genoem Jerusalemin suutari ("skoenmaker van Jerusalem"), wat impliseer hy was 'n skoenmaker van beroep.

Oorsprong en ontwikkeling Bybelse bronne Die oorsprong van die legende is onseker; een element is dalk die storie in Genesis van Kain, wat 'n soortgelyke straf kry om oor die aarde te wandel, maar sonder die element van eindeloosheid. Volgens Jehoshua Gilboa het baie kommentators Hosea 9:17 genoem as 'n stelling oor die idee van 'n "ewige wandelende Jood":

Daar word ook na Matteus 16:28 verwys as die oorsprong van die legende:

'n Geloof dat die dissipel vir wie Jesus baie lief was nie sou sterf nie, was blykbaar gewild genoeg in die vroeë Christelike wêreld dat dit in die evangelie van Johannes verwerp word:

'n Ander deel van Johannes gaan oor 'n wag van die hoëpriester wat Jesus klap (Johannes 18:19-23). Vroeër praat Johannes oor Simon Petrus wat die oor van Malgus, 'n slaaf van die hoëpriester, afkap (Johannes 18:10). Hoewel dié slaaf waarskynlik nie die een was wat Jesus geklap het nie, is Malgus tog een van die baie name wat in latere legendes aan die wandelende Jood gegee is.

Vroeë Christendom thumb|200px|Die Wandelende Jood, deur Samuel Hirszenberg (1899).

Die latere vereniging van die lot van dié spesifieke legendariese figuur en die toestand van die Joodse volk as 'n geheel, wat teen die 18de eeu goed gevestig was, het begin met die vroeë Christelike sienings van Jode en die diaspora. Manuskripte wat bewaar gebly het, wys sommige Christelike voorstanders het reeds omstreeks 200 van die Joodse volk gepraat as "die "nuwe Kain", wat geïmpliseer het hulle sou "vlugtelinge en wandelaars" op die aarde word.

Aurelius Prudentius Clemens (gebore 348) skryf in sy Apoteose (omstreeks 400): "Van plek tot plek wandel die hawelose Jood in ewig verskuiwende bannelingskap, sedert die tyd toe hy van die blyplek van sy vaders weggeskeur is en die straf vir moord uitdien, omdat hy sy hande met die bloed van Christus gevlek het wat hy nie erken het nie, en die prys vir sonde betaal."

'n Monnik van die laat 6de en vroeë 7de eeu met die naam Johannes Moschos beskryf 'n belangrike weergawe van die Malgus-figuur. In sy Leimonarion vertel Moschos van sy ontmoeting met 'n monnik met die naam Isidor wat na bewering 'n Malgus-tipe persoon ontmoet het wat Christus geklap het en daarom gestraf is om in ewige lyding te wandel, en hy weeklaag:

Middeleeuse legendes Sommige geleerdes het komponente van die legende van die ewige Jood geïdentifiseer in legendes van die Duitse Orde van die ewige jagter, waarvan sommige eienskappe afgelei is van die mitologie van Odin.

"In sommige gebiede het die boere die rye in hulle landerye op so 'n manier gerangskik dat die ewige Jood op Sondae 'n rusplek kon vind. Elders het hulle aanvaar dat hy net op 'n ploeg kon rus of dat hy die hele jaar lank moes wandel en net op Kersfees kon rus."

'n Latynse kroniek van Bologna, Ignoti Monachi Cisterciensis S. Mariae de Ferraria Chronica et Ryccardi de Sancto Germano Chronica priora, wat waarskynlik geskoei is op eeue lange onbeskrewe folklore, legendes en mondelinge tradisies wat as gevolg van die Kruistogte na die Weste gebring is, bevat die eerste geskrewe verwoording van die wandelende Jood. In die inskrywing vir die jaar 1223 beskryf die kroniek die verslag van 'n groep pelgrims wat 'n "sekere Jood in Armenië" (quendam Iudaeum) ontmoet het wat Jesus sleggesê het op pad om gekruisig te word en wat daarom veroordeel is om tot die Wederkoms te lewe. Elke honderd jaar word die Jood weer 30 jaar oud.

thumb|260px|Die wandelende Jood (links) ontmoet Jesus op die pad na Golgota, soos uitgebeeld in die Chronica Majora. 'n Weergawe van die legende word aangetref in die Flores Historiarum deur Roger van Wendover vir die jaar 1228. 'n Armeense biskop wat Engeland besoek het, is deur monnike van die Sint Alban-abdy uitgevra oor die gevierde Josef van Arimatea, wat met Jesus gepraat het en na berig word steeds gelewe het. Die biskop het geantwoord dat hy self so 'n man in Armenië gesien het en dat sy naam Cartaphilus was. Hy was 'n skoenmaker wat Jesus aangejaag het toe Hy vir 'n oomblik gaan staan om te rus terwyl Hy sy kruis gedra het. Jesus het hierop geantwoord: "Ek sal staan en rus, maar jy sal aangaan tot die laaste dag." Volgens die Armeense biskop het Cartaphilus hom sedertdien tot die Christendom bekeer, en het hy sy wandelende dae deurgebring deur mense te bekeer en as 'n hermiet te lewe.

Matthew Paris sluit dié deel van Roger van Wendover in sy eie geskiedenis in; en ander Armene wat in 1252 by die Sint Alban-abdy aangekom het, het dieselfde storie vertel, en dit is beskou as 'n groot bewys van die waarheid van die Christelike geloof.Matthew Paris, Chron. Majora, red. H.R. Luard, Londen, 1880, v. 340–341 Nadat dieselfde storie in 1243 in Doornik vertel is, het mense volgens Guido Bonatti die wandelende Jood in Italië gesien, asook in Wene en op ander plekke.

Daar was bewerings deur die hele Europa dat mense die wandelende Jood gesien het, en later ook in die Amerikas, sedert minstens 1542 in Hamburg en tot in 1868 in New Jersey."Editorial Summary", Deseret News, 23 September 1868. Volgens Joseph Jacobs in die Encyclopædia Britannica (1911) is dit "moeilik om te sê in hoe 'n mate die storie in enige van die gevalle algehele fiksie is en in hoe 'n mate 'n slim identiteitsrower die bestaan van die mite uitgebuit het".

Sien ook Priester Jan

Verwysings

Bibliografie

Collects both literary versions and folk versions.

Cohen, Richard I. The "Wandering Jew" from Medieval Legend to Modern Metaphor, in Barbara Kirshenblatt-Gimblett and Jonathan Karp (eds), The Art of Being Jewish in Modern Times (Philadelphia, University of Pennsylvania Press, 2007) (Jewish Culture and Contexts) Gaer, Joseph (Fishman) The Legend of the Wandering Jew New American Library, 1961 (Dore illustrations) popular account Hasan-Rokem, Galit and Alan Dundes The Wandering Jew: Essays in the Interpretation of a Christian Legend (Bloomington:Indiana University Press) 1986. 20th-century folkloristic renderings.

Manning, Robert Douglas Wandering Jew and Wandering Jewess Sabine Baring-Gould, Curious Myths of the Middle Ages (1894)

Skakels

Kategorie:Christelike mitologie