duimnael|Rudolf Buchbinder (2010) Rudolf Buchbinder (gebore 1 Desember 1946, Litoměřice, Tsjeggo-Slowakye) is 'n Oostenrykse pianis.
Biografie Buchbinder het onder Bruno Seidlhofer aan die Weense Musiekakademie gestudeer. In 1965 het hy 'n toer deur Noord- en Suid-Amerika onderneem. In 1966 het hy 'n spesiale prys gewen tydens die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie. Daarna het hy saam met die Weense Filharmoniese Orkes getoer en as solis regoor die wêreld verskyn.
Hy het ook klavier aan die Basel Akademie vir Musiek gegee.
Vir die Teldec-plaatetiket het hy die volledige klaviermusiek van Joseph Haydn opgeneem, Mozart se hoofwerke vir klavier, Beethoven se volledige klaviersonates en variasies, en Brahms se twee klavierconcertos saam met Harnoncourt en die Koninklike Concertgebouw orkes van Amsterdam. Hy het saam met János Starker onvergeetlike uitvoerings van Beethoven en Brahms se werke vir tjello en klavier opgeneem. Hy het twee keer die Beethoven-klavierconcertos vanaf die klavier gedirigeer en opgeneem, eers met die Weense Simfonieorkes vir die Preiser-plaatetiket in 2007, en hierna met die Weense Filharmoniese Orkes vir die Sony-plaatetiket in 2011; hierdie siklus is regstreeks in konsert opgeneem en op beide CD en DVD vrygestel.Robert Cummings, Review by www.classical.net, http://www.classical.net/music/recs/reviews/u/utc08904blua.php
He is een van slegs enkele pianiste wat die volledige Deel II van Vaterländischer Künstlerverein opgeneem het. Die werk bestaan uit 50 variasies deur 50 verskillende komponiste op 'n wals deur Anton Diabelli.Tanja Dorn.com Hy het ook Beethoven se Diabelli Variasies opgeneem, wat Deel I uitmaak van die eersgenoemde werk. Hy is 'n meesterlike vertolker van Mozart se klavierconcertos en klaviersonates. Mozart se musiek maak die hoofdeel uit van sy repertorium.Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, Neva Editions, 2015, p.141.
Buchbinder is sedert 2007 die artistieke direkteur van die Grafenegg Fees.
Pryse en toekennings 1961: Eersteprys tydens die Internasionale Kompetisie in München in die afdeling "Klaviertrio" 1962: Lipatti Medalje 1966: Spesiale prys tydens die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie 1970: Mozartinterpretationspreis van die Oostenrykse Minister vir Opvoeding en die Kunste 1977: Grand Prix du Disque vir die volledige klavierwerke van Joseph Haydn 1989: Oostenrykse Erekruis vir Wetenskap en Kuns 1992: Honorêre lid van die Weense Simfonieorkes 1994: Honorêre lid van die Karintiese Somer 1995: Oostenrykse Erekruis vir Wetenskap en Kuns, 1ste klas 1996: Groot Verdienstelikheid van die Provinsie van Salzburg 1996: Groot Goue dekorasie van Karintië 1996: Anton-Bruckner-Ring van die Weense Simfonieorkes 1996: Goue medalje vir Dienste aan Wene 1999: Groot Goue Dekorasie van Benede-Oostenryk 2003: Groot Goue Dekorasie vir Dienste aan die Republiek van Oostenryk 2004: Goue Medalje van Salzburg 2007: Goue Medalje van die Oostenrykse hoofstad Wene 2008: Honorêre Lid van die Genootskap van Vriende vir Musiek in Wene 2010: Toerisme-toekenning van die Staat van Benede-Oostenryk vir sy werk in musiektoerisme Grafenegg 2011: Gloria Artis, Medalje vir Verdienstelikheid aan Kultuur 2012: Echo Klassik in Duitse musiek-toekenning as Instrumentalis van die Jaar (klavier) en vir die album Beethoven: The Sonata Legacy, uitgereik deur RCA Red Seal/Sony 2016: Honorêre Lid van die Weense Filharmoniese Orkes 2017: Wene Mozart-prys
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels Biography from IMG Artists Hear Rudolf Buchbinder in concert from WGBH Radio Boston Piano Genealogy on Pianists Corner Piano Playlist on Pianists Corner Buchbinder speel Beethoven se Sonates No's 6, 24, 16 en 29
Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Oostenrykse pianiste