thumb|286px|Dante en Vergulius in die Purgatorio (vaevuur).

Purgatorio (Italiaans vir "vaevuur") is die tweede deel van Dante se Goddelike Komedie, ná die Inferno en voor die Paradiso. Die gedig is in die vroeë 14de eeu geskryf. Dit vertel van Dante se klim met die Berg van die Vaevuur op, met die Romeinse digter Vergilius as gids, behalwe in die laaste vier kanto's, waarin Beatrice as gids oorneem. Allegories verteenwoordig Purgatorio die boetvaardige Christelike lewe.Dorothy L. Sayers, Purgatory, aantekeninge oor Kanto VII.

In die beskrywing van die klim bespreek Dante die aard van sonde, voorbeelde van sedelikheid en onsedelikheid, sowel as morele kwessies in politiek en in die Kerk. Die digter stel voor alle sonde kom van liefde – óf perverse liefde wat daarop gerig is om ander skade aan te rig óf ontoereikende liefde óf die wanordelike of oordadige liefde vir goeie dinge.

Oorsig van die vaevuur thumb|230px|Die berg Purgatorio. Nes in die Paradiso, is die struktuur van die vorm 10, met een van die 10 streke wat 'n ander aard as die ander nege het. Dante beeld die vaevuur uit as 'n eiland-berg in die Suidelike Halfrond. Die ryk is in drie dele verdeel. Die onderste hange van die Berg van die Vaevuur (Purgatorio I-IX) word deur kommentators die "Antevaevuur" genoem. Die eintlike vaevuur bestaan uit sewe vlakke of terrasse (Purgatorio X-XXVII) van lyding en spirituele groei, wat met die sewe doodsondes verbind word. Heel bo is die Aardse Paradys (Purgatorio XXVIII-XXXIII).

Verloop van tyd Soos in die Inferno beskryf word, vind die eerste 24 uur van Dante se reis op die aarde plaas en begin dit die aand van Wit-Donderdag, 24 Maart (of 7 April) 1300 (Inf. I en II). Die volgende dag (Goeie Vrydag) word die dieptes van die hel ondersoek, met Vergilius as gids (Inf. III-XXXIV.69). Dante en Vergilius bring die volgende dag (Heilige Saterdag) deur om uit die hel boontoe te klim om die sterre te sien (Inf. XXXIV.70-139). Hulle kom om 07:30 op Paassondag by die kus van die Berg van die Vaevuur – die enigste stuk land in die Suidelike Halfrond.Robin Kirkpatrick, Purgatorio, notes on Canto I: "Thus behind all the references that the canto makes to regeneration and rebirth there is the realization that all life and all redemption depends upon Christ's Resurrection from the dead."

Dit is in Jerusalem 19:30 op Sondag, aangesien die twee punte reg teenoor mekaar op die aardbol lê. Dante sê die hel is reg aan die ander kant van die aarde as Jerusalem en is geskep deur die impak van Lucifer se val; die Berg van die Vaevuur is geskep deur die verplasing van grond in dieselfde voorval.Inferno, Kanto 34, reëls 121-126, Mandelbaum se Engelse vertaling: "This was the side on which he fell from Heaven; / for fear of him, the land that once loomed here / made of the sea a veil and rose into / our hemisphere; and that land which appears / upon this side perhaps to flee from him / left here this hollow space and hurried upward." Die Purgatorio sluit direk by die Inferno aan en beskryf Dante se reis van drie en 'n kwart dae met die berg op, wat eindig om 12:00 op Woensdag 30 Maart (of 13 April) in die Aardse Paradys.

Gebed Gebed is 'n oorheersende tema in Purgatorio. Baie van die siele wat Dante ontmoet, is besig om te bid en daar is talle liturgiese verwysings na psalms en gesange. Gebede deur die lewendes namens die siele speel ook 'n groot rol: Van die siele wat die pelgrims ontmoet, vra gebede van lewende familielede en selfs van die pelgrims self. Dante hoor in die Antevaevuur van Manfred van Sisilië dat gebede deur ander mense die tyd verkort wat die siele daar deurbring voordat hulle na die eintlike vaevuur mag verskuif, en ook die tyd verkort waarmee siele teen die berg opbeweeg.Purgatorio III.136–145 Een siel, Forese Donati, het in net vyf jaar ná sy dood deur die Antevaevuur en die meeste terrasse beweeg danksy die gebede van sy vrou, Nella, op aarde.Purgatorio XXIII.85–93 Daarenteen het die digter Statius meer as 500 jaar lank op die berg deurgebring.Purgatorio XXI.68 Dante ontvang 11 afsonderlike versoeke vir gebede van individuele siele in die vaevuur; daarvan kom die meeste van siele in die Antevaevuur, en die getalle neem dan af namate hy verder deur die vaevuur vorder.

Antevaevuur Die Antevaevuur is die streek onder die ingang na die hoofvaevuur. Daar is twee hoofkategorieë van siele wie se boetvaardige Christelike lewe uitgestel is of onvoldoende was: dié wat geëkskomunikeer is en dié wat laat berou getoon het.

Dié streek word dus gekenmerk deur 'n talmende hunkering na die aardse lewe en sake, sodat die siele wat die digters hier aantref, almal verwonder is oor Dante se lewende liggaam (Purgatorio II-III). Soos Statius later verduidelik, is die antevaevuur ook die enigste deel van die Berg van die Vaevuur wat onderworpe is aan aardse meteorologie.Purgatorio XXI.43–57

Kus van die eiland (Kantos I-II) In Purg. I.4-9, met die son wat op Paassondag opkom, kondig Dante sy plan aan om die vaevuur te beskryf deur die mitiese Muses op te roep.Purgatorio, Kanto I, reëls 4–9, Hollander se Engelse vertaling.

Aan die kus van die vaevuur ontmoet Dante en Vergilius vir Kato die jongere, 'n heiden wat dur God aangestel is as die algemene bewaker van die plek waar die berg genader word (die simboliese betekenis hiervan is al lank oor gedebatteer). Die Purgatorio demonstreer die Middeleeuse kennis van 'n sferiese aarde:Richard H. Lansing and Teodolinda Barolini, The Dante Encyclopedia, Taylor & Francis, 2000, , pp. 328–330 (EARTH, GLOBE).John Brian Harley and David Woodward, The History of Cartography, Humana Press, , p. 321. Dante verwys na die verskillende sterre wat in die Suidelike Halfrond sigbaar is, die veranderde posisie van die son en die verskillende tydsones op aarde. Aan die begin van Kanto II sien die leser byvoorbeeld dit is dagbreek in die vaevuur; Dante dra dié begrip oor deur te sê dit is sonsondergang in Jerusalem (reg aan die ander kant van die aarde), middernag (ses uur later) in Indië aan die Gangesrivier (met die sterrebeeld Weegskaal bo), en die middel van die dag (ses uur later) in Spanje. Dit lyk of die reis met die Maart-nagewening plaasgevind het, toe die dae en nagte ewe lank was.Purgatorio, Canto II, lines 1–9, Mandelbaum translation.

thumb|180px|Purgatorio, Kanto II: Christelike siele kom singend in die vaevuur aan, vergesel van 'n engel.

In teenstelling met Charon se veerboot oor die Ageron in die Inferno, word Christelike siele al singend deur 'n engel in 'n boot gebring van hulle vergaderplek naby Ostia, 'n seehawe van Rome aan die Tiber, deur die Pilare van Hercules na die berg van die Vaevuur. Die siele sing: "Toe Israel uit Egipte getrek (Psalm 114). In 'n latere brief verduidelik Dante sy verwysing van Israel wat Egipte verlaat het, beide aan die hand van die verlossing van Christus en "die bekering van die siel van die smart en ellende van die sonde na die toestand van genade"."The Letter to Can Grande," in Literary Criticism of Dante Alighieri, translated and edited by Robert S. Haller (Lincoln: University of Nebraska Press, 1973), 99.

Ekskommunikasie Die digters het vroeg die oggend begin klim. Aan die laer hange het hulle eers dié teengekom wat geëkskommunikeer is. Hulle bly daar onder vir 'n tydperk van 30 keer so lank as wat hulle hardkoppigheid geduur het. Dit is hier waar Dante en Vergilius vir Manfred van Sisilië raakloop en hoor gebed help om die tydperk in die vaevuur te verkort.Purgatorio III.140-145 Die ontmoeting met Manfred is omstreeks 09:00 oorPurgatorio III.15-16 (Canto III).

Laat berou thumb|180px|links|Die Poort van die Vaevuur, deur William Blake, Kanto 9. thumb|180px|Dante en Vergilius ontmoet Sordello, in 'n beeld deur Cesare Zocchi, Kanto VII. Dié wat laat berou getoon het, sluit in (1) die mense wat te lui of besig was om berou te toon (die traes), (2) hulle wat op die nippertjie berouvol was nadat hulle in geweld beseer is, sonder dat hulle die laaste sakramente ontvang het, en (3) the nalatige heersers. Dié siele word in die vaevuur toegelaat danksy hulle ware boetvaardigheid, maar moet buite wag vir so lank as wat hulle op aarde was. Die luies sluit in Belacqua (moontlike 'n afgestorwe vriend van Dante), en Dante is verlig om hom hier aan te tref eerder as in die hel. Die ontmoeting met Belacqua is teen 12:00 oor (Kanto IV).

Ook in dié kategorie is die troebadoer Sordello wat, nes Vergilius, van Mantua is. Toe Sordello die groot digter se identiteit besef, buig hy uit eerbied laag voor hom. Dit hou Vergilius op die voorgrond van die gedig, want as 'n inwoner van die voorhel is hy swakker toegerus om hier 'n gids te wees as in die hel. As 'n inwoner van die vaevuur is Sordello in staat om die "Reël van die Berg" te verduidelik: Ná sononder kan siele nie hoër klim nie. Allegories verteenwoordig die son God, en dit beteken vordering in die boetvaardige Christelike lewe kan net deur God se genade plaasvind. Vergilius se gesprek met Sordello eindig toe die son ondertoe beweeg, dit is ná 15:00Purgatorio VII.43 (Kantos VI-VII).

Dit is sononder, en daarom stop Dante en Vergilis vir die res van die nag in die pragtige Vallei van die Prinse, waar hulle mense ontmoet wie se beheptheid met openbare en private pligte hulle spirituele vooruitgang geknou het, veral afgestorwe monarge soos Rudolf I, Filip III en Hendrik III (Kantos VII en VIII). John Ciardi skryf dié nalatige heersers "is verhewe bo hulle agtelose onderdane omdat hulle spesiale pligte dit vir hulle moeilik gemaak het om aan die welsyn van hulle eie siele te dink".John Ciardi, Purgatorio, notes on Canto VII, p. 343

Toe die nag aanbreek, sing die siele en Dante raak omstreeks 20:30 aan die slaap. Hy droom net voor dagbreek op MaandagPurgatorio IX.13 en word net ná 08:00 wakker.Purgatorio IX.44 Toe hy wakker word, ontdek hy hy is na die poort van die hoofvaevuur gedra.

Die poort tot die vaevuur, Petrus se Poort, word bewaak deur 'n engel met 'n ontblote swaard. Hy blink so dat Dante nie na hom kan kyk nie. Toe die engel hulle uitvra, antwoord Vergilius 'n vrou uit die hemel het hulle daarheen gebring en die poort uitgewys.

Op aanbeveling van Vergilius staan Dante nader en pleit by die engel om toegelaat te word. Die engel trek daarop met die swaard sewe keer die letter "P" (vir peccatum, "sonde") op Dante se voorkop.Purgatorio, Kanto IX, lines 113–114, Longfellow translation. Elke keer wanneer die pelgrim 'n terras hoër opskuif en 'n ooreenstemmende suiwering van die siel ontvang, sal een van die "P"'s deur die engel uitgewis word om toegang tot die volgende terras te verleen. Die engel gebruik twee sleutels, 'n silwer een (berou) en 'n goue een (versoening), om die poort oop te sluit – albei is nodig vir verlossing en redding.Dorothy L. Sayers, Purgatory, notes on Canto IX. Toe die digters die vaevuur binnegaan, word hulle gewaarsku om nie terug te kyk nie.

Sewe terrasse van die vaevuur Nadat hulle deur die poort van die hoofvaevuur is, lei Vergilius die pelgrim Dante deur die berg se sewe terrasse, wat ooreenstem met die sewe doodsondes:Dorothy L. Sayers, Purgatory, Introduction, pp. 65–67 (Penguin, 1955). hoogmoed, afguns, gramskap, luiheid, gierigheid (en verkwisting), gulsigheid en wellus. Die klassifikasie van sonde is hier meer sielkundig as in die Inferno, en word op motiewe geskoei eerder as op dade.Dorothy L. Sayers, Purgatory, Introduction, p. 15 (Penguin, 1955): "Hell is concerned with the fruits, but Purgatory with the roots, of sin." Dit kom ook eerder uit Christelike teologie as uit klassieke bronne.Robin Kirkpatrick, Purgatorio, Introduction, p. xiv (Penguin, 2007).