thumb|286px|Dante word uitgebeeld met 'n eksemplaar van die Goddelike Komedie naas die ingang tot die hel, die sewe terrasse van die Vaevuur en die stad Florence, met die sfere van die hemel links bo, in Domenico di Michelino se fresko van 1465.
Die Goddelike Komedie (Italiaans: Divina Commedia) is 'n Italiaanse epiese gedig deur Dante Alighieri wat omstreeks 1308 begin en omstreeks 1321, kort voor sy dood, voltooi is. Dit word algemeen beskou as die voortreflikste werk in die Italiaanse letterkundeByvoorbeeld Encyclopedia Americana, 2006, Vol. 30. p. 605: "the greatest single work of Italian literature;" John Julius Norwich, The Italians: History, Art, and the Genius of a People, Abrams, 1983, p. 27: "his tremendous poem, still after six and a half centuries the supreme work of Italian literature, remains – after the legacy of ancient Rome – the grandest single element in the Italian heritage;" and Robert Reinhold Ergang, The Renaissance, Van Nostrand, 1967, p. 103: "Many literary historians regard the Divine Comedy as the greatest work of Italian literature. In world literature it is ranked as an epic poem of the highest order." en een van die grootste werke in die wêreldletterkunde.
Die gedig se uitbeelding van die hiernamaals is verteenwoordigend van die Middeleeuse siening soos dit in die 14de eeu in die Westerse Kerk bestaan het. Dit het die Toskaanse dialek help vestig as die gestandaardiseerde Italiaanse taal.See or any other history of Italian language. Dit word verdeel in drie dele: Inferno, Purgatorio en Paradiso.
Die Italiaanse woord commedia beteken hier 'n verhaal met 'n gelukkige einde, en moenie verstaan word as iets wat die lagspiere prikkel nie.
Die verhaal se letterlike onderwerp is die toestand van die siel ná die dood en dit verteenwoordig 'n uitbeelding van geregtigheid wat uitgedeel word as paslike straf of beloning. Dit beskryf Dante se reise deur die hel, vaevuur en hemel.Peter E. Bondanella, The Inferno, Introduction, p. xliii, Barnes & Noble Classics, 2003, : "the key fiction of the Divine Comedy is that the poem is true." Allegories verteenwoordig die gedig die siel se reis na God.Dorothy L. Sayers, Hell, notes on page 19. Dit begin met die erkenning en verwerping van sonde (Inferno), gevolg deur die boetvaardige Christelike lewe (Purgatorio) en eindelik die siel se opvaart na God (Paradiso). Dante gebruik die Middeleeuse Katolieke teologie en filosofie, veral die filosofie uit Summa Theologica van Thomas van Aquino.Charles Allen Dinsmore, The Teachings of Dante (Ayer, 1970), p. 38, . Gevolglik is die Komedie al genoem "die Summa in digvorm".The Fordham Monthly Fordham University, Vol. XL, Dec. 1921, p. 76
In die gedig word die pelgrim Dante vergesel van drie gidse: Vergilius (wat die menslike rede verteenwoordig en sy gids is deur die hele Inferno en die grootste deel van Purgatorio); Beatrice (wat die goddelike openbaring, teologie, geloof en genade verteenwoordig en sy gids is aan die einde van Purgatorio en vir die grootste deel van Paradiso); en sint Bernardus (wat peinsende mistisisme en toewyding aan die Maagd Maria verteenwoordig en sy gids is in die laaste kanto's, of onderdele, van Paradiso).
Die werk is aanvanklik slegs Comedìa genoem, wat die Toskaans vir "Komedie" is. Dit was ook die geval met die eerste uitgawe in 1472, maar later is dit verander na die moderne Italiaanse Commedia. Die adjektief Divina is deur Giovanni Boccaccio bygevoeg vanweë die spesifieke onderwerp van die gedig.Hutton, Edward (1910).Giovanni Boccaccio, a Biographical Study . p. 273. Die eerste uitgawe wat die gedig Divina Comedia genoem het, was dié van die Renaissance-humanis van Venesië Lodovico DolceRonnie H. Terpening, Lodovico Dolce, Renaissance Man of Letters (Toronto, Buffalo, London: University of Toronto Press, 1997), p. 166. wat in 1555 gepubliseer is.
Erich Auerbach het gesê Dante was die eerste skrywer wat die mens uitgebeeld het as die produkte van 'n spesifieke tyd, plek en omstandighede, in teenstelling met mitiese argetipes of 'n versameling van deugde en ondeugde. Volgens hom dui dit daarop dat die Goddelike Komedie realisme en selfuitbeelding in moderne fiksie ingehuldig het.Michael Dirda, Introduction to Auerbach's Dante: Poet of the Secular World (New York: New York Review Books, 2007), pp. viii–ix.
Struktuur en storie Die Goddelike Komedie bestaan uit 14 233 reëls, wat opgedeel is in drie cantiche (enkelvoud: cantica) – Inferno (hel), Purgatorio (vaevuur) en Paradiso (hemel). Elk bestaan uit 33 kanto's (Italiaans: canto; meervoud: canti). 'n Aanvanklike kanto, wat gedien het as inleiding tot die gedig en wat algemeen beskou is as deel van die eerste cantica, bring die totaal van die kanto's op 100 te staan. Daar word egter algemeen aanvaar dat die eerste twee kanto's 'n gesamentlike voorwoord tot die hele epos is en dat die eerste twee kanto's van elke cantica dien as voorwoord vir elk van die drie cantiche.Dante The Inferno A Verse Translation by Professor Robert and Jean Hollander p. 43Epist. XIII 43 to 48Wilkins E.H The Prologue to the Divine Comedy Annual Report of the Dante Society, pp. 1–7.
Die getal drie is prominent in die werk en word verteenwoordig deur die getal cantiche en hulle lengtes. Daarbenewens gebruik die digskema tersinestrofes (driereëlige strofes, of tersette) en bestaan dit uit reëls van elf lettergrepe, met die reëls wat tersette vorm volgens die rymskema aba, bcb, cdc, ded, ....Kaske, Robert Earl, et al. Medieval Christian Literary Imagery: A Guide to Interpretation. Toronto: Toronto UP, 1988. p. 164 Die totale getal lettergrepe in elke terset is dus 33, dieselfde as die getal kanto's in elke cantica.
Die gedig is in die eerste persoon geskryf en vertel van Dante se reis deur die drie ryke van die afgestorwenes. Die reis duur van Wit-Donderdag, die nag voor Goeie Vrydag, tot die Woensdag ná die Paasfees in die lente van 1300. Die Romeinse digter Vergilius is sy gids deur die hel en vaevuur; Beatrice, Dante se ideale vrou, is sy gids deur die hemel. Beatrice was 'n vrou van Florence wat hy as kind ontmoet en van ver af bewonder het in die styl van die destyds gewilde tradisie van hoofse liefde, wat uitgelig word in Dante se vroeëre werk La Vita Nuova.
Die struktuur van die drie ryke volg 'n algemene numerologiese patroon van 9 plus 1, vir altesaam 10. Daar is 9 sirkels in Inferno, gevolg deur Lucifer wat heel onder gevange gehou word; 9 ringe in Purgatorio, gevolg deur die tuin van Eden heel bo; en 9 sfere in Paradiso, gevolg deur die hoogste hemel wat die tuiste van God is. Binne elke groep van 9 stem 7 elemente ooreen met 'n spesifieke morele skema verdeel in drie subkategorieë, terwyl nog 2 bygevoeg word vir 'n totaal van 9. So word die sewe doodsondes van die Katolieke Kerk wat in die vaevuur gesuiwer word, aangevul deur spesiale ryke vir dié wat deur die Kerk geëkskommunikeer is en dié wat laat berou getoon het. Die sewe hoofsondes in die vaevuur stem ooreen met 'n morele skema van perverse liefde, wat ingedeel word in drie groepe wat ooreenstem met oormatige liefde (hebsug, vraatsug en wellus), onvoldoende liefde (luiheid) en kwaadwillige liefde (trots, afguns en wraak).
In Sentraal-Italië se politieke stryd tussen die Guelfe en Ghibellyne was Dante deel van die Guelfe, wat die pous verkies het bo die Heilige Romeinse keiser. Florence se Guelfe het omstreeks 1300 in twee faksies verdeel: die Wit en Swart Guelfe. Dante was onder die Wit Guelfe wat in 1302 verban is nadat die Swart Guelfe beheer oor die stad oorgeneem het deur die toedoen van pous Bonifatius VIII. Die verbanning, wat vir die res van Dante se lewe geduur het, kom duidelik tevore in baie dele van die Komedie, van voorspellings van Dante se verbanning tot Dante se siening van die politiek tot die ewige verdoemenis van sommige van sy teenstanders.
Die laaste woord van elk van die drie cantiche is stelle ("sterre").
thumb|180px|Gustave Doré se graveerwerk illustreer die Goddelike Komedie (1861-'68); hier kom Charon siele haal om oor die rivier Ageron na die hel te neem. Inferno
Die gedig begin op Wit-Donderdag in die jaar 1300, "halfpad op die reis van ons lewe" (Nel mezzo del cammin di nostra vita). Dante is 35 jaar oud, die helfte van die Bybelse lewensduur van 70 jaar (Psalm 90:10 in die Afrikaanse vertalings), toe hy verdwaal in 'n donker woud (vermoedelik sonde).Lectura Dantis, Società dantesca italianaOnline sources include , , , , Hy word aangeval deur drie diere ('n leeu, luiperd en wyfiewolf) en hy kan nie die "reguit pad" (diritta via) na redding (gesimboliseer deur die son agter die berg) vind nie. Hy is bewus daarvan dat hy homself ruïneer en dat hy besig is om te val in 'n "lae plek" (basso loco) waar die son stil is ('l sol tace), maar hy word eindelik gered deur Vergilius. Die twee begin hulle reis na die onderwêreld.
Allegories verteenwoordig die Inferno die Christelike siel wat sonde sien vir wat dit werklik is, asook die drie diere wat drie soorte sonde voorstel: onbeheerstheid, geweld en kwaadwilligheid.Dorothy L. Sayers, Purgatory, notes on p. 75. Dié drie soorte sonde verskaf ook die drie hoofafdelings van Dante se hel: die boonste hel vir die vier sondes van onbeheerstheid (wellus, vraatsug, gierigheid en wraaksug); sirkel 7 vir die sonde van geweld teen die bure, teen die self en teen God, Kuns en die Natuur; en sirkels 8 en 9 vir die sondes bedrog en verraad. Benewens dié sewe sirkels is daar ook twee kategorieë wat spesifiek spiritueel is: die voorhel in sirkel 1, met die deugsame heidene wat nie sondig was nie maar Christus nie geken het nie; en sirkel 6, met die ketters.Carlyle-Okey-Wicksteed, Divine Comedy, "Notes to Dante's Inferno"
Purgatorio
thumb|links|200px|Dante kyk na die Berg van die Vaevuur in 'n allegoriese portret deur Agnolo Bronzino, omstreeks 1530. Nadat hulle die dieptes van die hel oorleef het, klim Dante en Vergilius op teen die Berg van die Vaevuur aan die ander kant van die wêreld. Die berg is op 'n eiland, die enigste stuk land in die Suidelike Halfrond, en is geskep toe Lucifer se val uit die hemel die hel laat ontstaan het.Inferno, Canto 34, lines 121–126. (Dante sê dit bestaan reg oorkant Jerusalem.)Richard Lansing and Teodolinda Barolini, The Dante Encyclopedia, p. 475, Garland Publishing, 2000, .
Die berg het sewe terasse, wat ooreenstem met die sewe doodsondes.Dorothy L. Sayers, Purgatory, Introduction, pp. 65–67 (Penguin, 1955). Die klassifikasie van sonde is hier meer sielkundig as in die hel en is gebasser op motiewe, eerder as dade. Dit kom hoofsaaklik uit die Christelike teologie, eerder as uit klassieke bronne.Robin Kirkpatrick, Purgatorio, Introduction, p. xiv (Penguin, 2007).
Liefde, wat 'n tema deur die hele Goddelike Komedie is, is veral belangrik vir die raamwerk van sonde in die vaevuur. Terwyl liefde wat uit God vloei rein is, kan dit sondig word as dit deur die mens vloei. Mense kan sondig deur liefde vir onbehoorlike of kwaadwillige doeleindes aan te wend (wraak, afguns, trots) of dit op behoorlike maniere aanwend, maar dan is dit nie sterk genoeg nie (luiheid) of te sterk (wellus, vraatsug, hebsug, gierigheid). Onder die sewe suiwerings van die siel is die Antevaevuur, met dié wat deur die Kerk geëkskomunikeer is en dié wat te laat berouvol was en dikwels gesterf het voordat hulle die laaste sakramente ontvang het. Die totaal is dus nege, met die tuin van Eden op die spits, wat saam tien is.Carlyle-Oakey-Wickstead, Divine Comedy, "Notes on Dante's Purgatory. Allegories verteenwoordig die vaevuur die Christelike lewe. Christelike siele kom daar aan vergesel van 'n engel terwyl hulle 'n psalm sing.
In Purgatorio word die Middeleeuse kennis van die sferiese aarde gedemonstreer. Dante bespreek hier die verskillende sterre wat in die Suidelike Halfrond sigbaar is, die veranderende posisie van die son en die verskillende tydsones. Op 'n stadium is dit volgens Dante sonsondergang in Jerusalem, middernag aan die Gangesrivier en sonsopkoms in die vaevuur.