thumb|286px|Dante en Beatrice praat met die onderwysers van wysheid Thomas van Aquino, Albertus Magnus, Petrus Lombardus en Siger van Brabant in die sfeer van die son (fresko deur Philipp Veit), Kanto 10.

Paradiso (Italiaans vir "Paradys" of "hemel") is die derde en laaste deel van Dante se epiese gedig Goddelike Komedie, ná die Inferno en Purgatorio. Dit is 'n vertelling van Dante se reis deur die hemel, begelei deur Beatrice, wat teologie simboliseer. In die gedig word die Paradys uitgebeeld as 'n reeks konsentriese sfere wat die aarde omring en wat onder meer die Maan, Mercurius, Venus, die Son, Mars, Jupiter, Saturnus en die vaste sterre bevat. Dit is in die 14de eeu geskryf. Allegories verteenwoordig die gedig die siel se opvaart na God.

Inleiding thumb|links|220px|Die Paradiso aanvaar die Middeleeuse siening van die heelal, met die aarde wat omring is deur konsentriese sfere wat die planete en sterre bevat.

Die Paradiso begin om 12:00 op Woensdag 30 Maart (of 13 April) ná Paassondag aan die bokant van die Aardse Paradys. Dante se reis deur die Paradys duur sowat 24 uur, wat aandui die hele reis van die Goddelike Komedie het 'n week geduur, van Donderdagaand (Inferno I en II) tot Donderdagaand.

Nadat hulle deur die sfeer van vuur beweeg het, wat geglo is in die aarde se boonste atmosfeer geleë is (Kanto I), lei Beatrice vir Dante deur die nege sfere van die hemel na die hoogste hemel, wat die blyplek van God is. Die nege sfere is konsentries, soos in die Middeleeuse standaardmodel van kosmologie,C.S. Lewis, The Discarded Image: An Introduction to Medieval and Renaissance Literature, Hoofstuk V, Cambridge University Press, 1964. wat van Ptolemeus verkry is. Die hoogste hemel is niematerialisties, wat beteken die struktuur neem, nes in Inferno en Purgatorio, die vorm 9+1=10 aan, met een van die 10 streke waarvan die aard verskil van die ander nege s'n.

Tydens sy reis ontmoet Dante verskeie geseënde siele. Hy is versigtig om te sê hulle woon almal in die saligheid van God in die hoogste hemel. Tot die voordeel van Dante (en sy lesers), is hy "soos 'n teken"Paradiso, Canto IV, line 38, Mandelbaum translation. aan wie verskeie siele in planetêre en stellêre sfere gewys word wat die een of ander gepaste verbintenis het.

Waar die strukture van die Inferno en Purgatorio gebaseer is op verskillende klassifikasies van sonde, is die struktuur van die Paradiso geskoei op die vier hoofdeugde (verstandigheid, regverdigheid, matigheid en standvastigheid) en die drie teologiese deugde (barmhartigheid, hoopvolheid en getrouheid).

Die sfere van die hemel thumb|200px|Met hulle besoek aan die maan verduidelik Beatrice aan Dante die rede vir die merke daarop, Kanto 2.

Dante se nege sfere van die hemel is die maan, Mercurius, Venus, die son, Mars, Jupiter, Saturnus die vaste sterre en die primum mobile (die heel buitenste bewegende sfeer in die geosentriese model van die heelal). Dante steun ook op tradisionele verbintenisse, soos die een tussen Venus en romantiese liefde. Die eerste drie sfere, wat in die skadu van die aarde val, word verbind met ontoereikende vorme van standvastigheid, geregtigheid en matigheid. Die volgende vier word verbind met positiewe voorbeelde van verstandigheid, standvastigheid, regverdigheid en matigheid; terwyl geloof, hoop en barmhartigheid saam in die agtste sfeer verskyn.

Eerste sfeer (die maan: die wisselvalliges) Toe hulle die maan besoek, verduidelik Beatrice aan Dante die redes vir die merke op sy oppervlak.

thumb|200px|Dante en Beatrice praat met Piccarda en Constance (fresko deur Philipp Veit), Kanto 3. Die wassende en afnemende maan word verbind met wisselvalligheid.Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto II. Die sfeer van die maan is dus dié van siele wat afstand doen van hulle geloftes, en onvoldoende was in die deugde van standvastigheid (Kanto II). Hier ontmoet Dante en Beatrice vir Piccarda, die suster van Dante se vriend Forese Donati wat gesterf het kort nadat sy gedwing is om haar klooster te verlaat. Hulle ontmoet ook Constance, wat volgens Dante gedwing is om haar klooster te verlaat om met die Heilige Romeinse keiser Hendrik VI te trou (Kanto III).Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto III. Beatrice praat oor die vrye wil, die heiligheid van geloftes en die belangrikheid daarvan om nie met mag saam te werk nie (Kanto IV).

Beatrice verduidelik dat 'n gelofte 'n ooreenkoms "tussen 'n man en God is"Paradiso, Canto V, lines 28–29, Mandelbaum translation. waarin 'n mens vrywillig afstand van sy vrye wil doen as 'n geskenk aan God. Geloftes behoort dus nie ligtelik opgeneem te word nie en moet nagekom word, tensy dit 'n groter euwel sal wees om dit na te kom, soos met Jefta en Agamemnon se offers van hulle dogters (Kanto V).Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto V.

thumb|200px|Dante ontmoet keiser Justinianus in die sfeer van Mercurius, Kanto 5.

Tweede sfeer: (Mercurius: die ambisieuses) Vanweë sy nabyheid aan die son is die planeet Mercurius dikwels moeilik om te sien. Allegories verteenwoordig die planeet dié wat goed gedoen het weens 'n begeerte vir roem, maar wat onvoldoende in die deug van geregtigheid was omdat hulle ambisieus was. Hulle aardse glorie verdof tot ongeringheid langs die glorie van God, nes Mercurius tot ongeringheid verdof langs die son. Hier ontmoet Dante vir Justinianus, wat homself voorstel met die woorde "Ek was Caesar en is Justinianus,"Paradiso, Canto VI, line 10, Mandelbaum translation. wat aandui sy persoonlikheid bly, maar dat sy aardse status nie meer in die hemel bestaan nieDorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto VI. (Kanto VI). Justinianus vertel die geskiedenis van die Romeinse Ryk en noem onder andere Julius Caesar en Cleopatra. Hy kla ook oor die huidige toestand van Italië, inaggenome die konflik tussen die Guelfe en Ghibellyne (Kanto VI).

Beatrice gesels op haar beurt oor die vleeswording en kruisiging van Christus, wat in Romeinse tye plaasgevind het (Kanto VII).

Derde sfeer (Venus: die minnaars) Die planeet Venus (die oggend- en aandster) word tradisioneel verbind met die godin van liefde, en daarom maak Dante dit die planeet van die minnaars, wat onvoloende was in the deug van onthouding (Kanto VIII).:

thumb|200px|'n Illustrasie vir Paradiso deur Gustave Dore. Dante ontmoet Charles Martel van Anjou, wat aan hom bekend wasDorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto VIII. en daarop wys dat 'n goed funksionerende gemeenskap baie verskillende soorte mense nodig het. Sulke verskille word geïllustreer deur Cunizza da Romano (die minnares van Sordello), wat hier in die hemel is terwyl haar broer Ezzelino III da Romano in die hel is.Inferno, Canto XII, line 109, Mandelbaum translation: "That brow with hair so black is Ezzelino."

Die troebadoer Folquet de Marselha praat oor die versoekings van die liefde en wys daarop dat (soos destyds geglo is) die keël van die aarde se skaduwee net aan die sfeer van Venus raak. Hy veroordeel die stad Florence (geplant deur Satan, sê hy) vir die skepping van daardie "verduiwelse blom" (die floryn) wat verantwoordelik is vir die bederwing van die Kerk, en hy veroordeel die kerklui vir hulle fokus op geld, eerder as op die Skrif en die geskrifte van die kerkvaders (Kanto IX).

Vierde sfeer (die son: die wyses) Buite die skadu van die aarde gebruik Dante positiewe voorbeelde van verstandigheid, regverdigheid, matigheid en standvastigheid. In die son, wat die aarde se grootste bron van verligting is, ontmoet Dante die grootste voorbeeld van verstandigheid: die siele van die wyses, wat help om die wêreld intellektueel te verligDorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto X. (Kanto X). Aanvanklik dans 'n sirkel van 12 helder ligte om Dante en Beatrice. Dit is die siele van:

thumb|300px|Dante en Beatrice ontmoet 12 wyse manne in die sfeer van die son (miniatuur deur Giovanni di Paolo), Kanto 10. Thomas van Aquino Albertus Magnus Gratianus Petrus Lombardus Koning Salomo Dionisius, wat hier verwar word met Pseudo-Dionisius Orosius Boëtius Isidorus van Sevilla Bede Richard van Sint Viktor Siger van Brabant

Dié lys sluit filosowe, teoloë en 'n koning in, en het verteenwoordigers uit die hele Europa. Thomas van Aquino vertel van die lewe van Sint Franciskus van Assisi (Kanto XI).

Nog 12 helder ligte verskyn. Een daarvan is sint Bonaventura, 'n Franciskaan, wat vertel van die lewe van sint Dominikus, die stigter van die orde waartoe Thomas behoort het. Die twee ordes het op aarde nie altyd langs dieselfde vuur gesit nie, en om te hoor hoe 'n lid van een orde die stigter van die ander prys, wys die liefde wat in die hemel teenwoordig isDorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XI. (Kanto XII). Die 24 helder ligte draai om Dante en Beatrice en sing van die Drie-eenheid.

thumb|links|200px|Die siele in die vyfde sfeer vorm 'n Griekse kruis, wat Dante met die Melkweg vergelyk, Kanto 14. thumb|180px|Sint Franciskus van Assisi, oor wie se lewe Thomas van Aquino vertel. (Skildery deur Jusepe de Ribera), Kanto 11. Vyfde sfeer (Mars: die stryders van die geloof) Die planeet Mars word tradisioneel met die god van oorlog verbind, en daarom maak Dante dié planeet die tuiste van die stryders van die geloof wat hulle lewens vir God gegee het en so die deug regverdigheid verteenwoordig.Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XIV. Die miljoene ligpunte wat die siele van dié stryders is, vorm 'n Griekse kruis op die planeet Mars, en Dante vergelyk die kruis met die Melkweg (Kanto XIV).

Dante ontmoet sy voorouer Cacciaguida, wat in die Tweede Kruistog gedien het.Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XV. Cacciaguida prys die 12de-eeuse Republiek Florence en kla oor hoe die stad sedert daardie dae agteruitgegaan het (Kanto's XV en XVI). Die tyd waarin die Goddelike Komedie afspeel, die jaar 1300, voor Dante se verbanning, laat toe dat karakters in die gedig slegte dinge vir Dante kan "voorspel".Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XVII. In antwoord op 'n vraag van Dante vertel Cacciaguida hom hy sal verban word (Kanto XVII).

Cacciaguida spoor Dante egter ook aan om te skryf en aan die wêreld te vertel wat hy alles van die hel, vaevuur en hemel gesien het. Eindelik sien Dante ook ander stryders van die geloof, soos Josua, Karel die Grote en Godfried van Bouillon (Kanto XVIII).

Sesde sfeer (Jupiter: die regverdige heersers) thumb|180px|'n Keiserlike arend. Die siele wat die "M" van "terram" vorm, verander hulleself in dié vorm, Kanto 18.

Die planeet Jupiter word tradisioneel verbind met die koning van die gode, en daarom maak Dante dit die tuiste van die heersers wat regverdigheid getoon het.Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XVIII. Die siele hier spel die frase Diligite iustitiam, qui iudicatis terram, die Latyn vir "Wees lief vir regverdigheid, julle wat die aarde oordeel", waarna die laaste "M" van die sin in die vorm van 'n reuse- keiserlike arend verander (Kanto XVIII).

In dié sfeer is Dawid, Hiskia, Konstantyn en Willem II van Sisilië, sowel as twee heidene: Trajanus (wat hom volgens 'n Middeleeuse legende tot die Christendom bekeer het) en (tot Dante se verbasing) Rifeo, 'n Trojaan wat deur die genade van God gered is in 'n daad van uitverkorenheid.Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XX. Trajanus het voorheen in die Goddelike Komedie verskyn as 'n voorbeeld van nederigheid op die terras van trots. Op dié terras sien Dante vir Trajanus omring deur sy soldate op pad na 'n militêre verowering, maar Trajanus hou stil toe 'n treurende vrou hom vra om regverdiging te laat geskied aan haar seun, wat vermoor is.Purgatorio, Canto X, lines 73–93, Durling translation.

Dante vra dan 'n engel oor die toeganklikheid van die hemel vir mense wat voor Christus gelewe het of in 'n gebied woon wat nog nie van Hom gehoor het nie (Kanto XIX). As voorbeeld noem hy 'n man van die Indus wat goeie dade gepleeg het, nie van Christus gehoor het nie en sterf sonder dat hy gedoop is.