thumb|200px|Lamsbrein verkoop as kos. thumb|200px|Beesbreinkerrie van Indonesië.

Die brein kan, nes die meeste ander interne organe, as afval geëet word. Dit sluit die brein van varke, eekhorings, konyne, perde, beeste, ape, hoenders, kamele, vis, skape en bokke in. In baie kulture word sekere soorte brein as 'n lekkerny beskou.

Kultuurgebruike Kalfsbrein kom in Franse kookkuns voor in geregte soos cervelle de veau en tête de veau. Maghaz is 'n gewilde kossoort in Pakistan, Bangladesj en dele van Indië. In Turkse kookkuns kan breine gebraai, gebak of as 'n slaai geëet word. In Chinese kookkuns is dit 'n lekkerny in Chongqing en Sichuan. In die suidelike dele van China word 'n varkbrein gebruik vir tianma zhunao tang.

In Suid-Indië is bokbreinkerrie 'n lekkerny. Selfs in Mumbai het die plaaslike Oos-Indiese gemeenskap hulle eie weergawe van breinmasalakerrie.

'n Soortgelyke gereg in Mexiko is tacos de sesos. Die Anyang-stam van Kameroen het 'n praktyk beoefen waar 'n nuwe stamhoof die brein van 'n gorilla sou eet, terwyl nog 'n senior lid van die stam die hart sou eet.

'n Spesialiteit in Indonesië is 'n gereg wat bestaan uit beesbrein in 'n klappermelksous bekend as gulai banak ("beesbreinkerrie"). In die Filippyne is tuslob buwa, van gebraaide varkbrein, 'n gewilde straatkos in Cebu-stad. In Kuba word "breinpoffers" gemaak deur brein en broodkrummels saam te koek en te braai.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Afval (kos)