Die Vyfde Simfonie in C-mineur, Op. 67, ook bekend as die Simfonie van die Noodlot (Duits: Schicksalssinfonie), is 'n simfonie gekomponeer deur Ludwig van Beethoven tussen 1804 en 1808. Dit is een van die bekendste komposisies in klassieke musiek en een van die simfonieë wat die meeste gespeel word.BBC Music Magazine. 2018. The 20 greatest symphonies of all time. Geraadpleeg op 23 Junie 2022. Dit word allerweë as een van die hoekstene van Westerse kunsmusiek beskou. Die werk is vir die eerste keer in 1808 in Wene se Theatre an der Wien uitgevoer, en het baie vinnig sy wonderlike reputasie verwerf. ETA Hoffmann het die simfonie as een van die belangrikste werke van die tyd beskryf. Soos tipies van simfonieë uit die Klassieke tydperk, het Beethoven se Vyfde Simfonie vier bewegings.

Dit begin met 'n kenmerkende viernoot-kort-kort-kort-lank-motief:

Die simfonie – en veral die viernootopeningsmotief – is wêreldwyd bekend, en die motief word gereeld in populêre musiek gebruik, van disco-weergawes tot rock-werke tot die gebruik daarvan in films en op televisie.

Soos Beethoven se Eroica en Pastorale simfonieë, het die Vyfde Simfonie ook 'n bynaam naas 'n nommer gekry, hoewel nie deur Beethoven self nie. In Germaanse lande staan dit as die "Schicksals-Sinfonie" (Afrikaans: noodlotsimfonie) bekend, en die bekende vyfmaattema staan as die "Schicksals-Motiv" (Afrikaans: noodlotmotief) genoem. Hierdie naam word ook in vertalings gebruik.

Geskiedenis

Ontwikkeling regs|duimnael|297x297px| Beethoven in 1804, die jaar toe hy aan die Vyfde Simfonie begin werk het; detail van 'n portret deur W.J. Mähler. Die Vyfde Simfonie het 'n lang ontwikkelingsproses deurloop terwyl Beethoven die musikale idees vir die werk uitgewerk het. Die eerste sketse (rowwe konsepte van die melodieë en ander musikale idees) dateer uit 1804 ná die voltooiing van die Derde Simfonie.Hopkins, A. 1977. The nine symphonies of Beethoven. Scolar Press. ISBN 1-85928-246-6. Beethoven het sy werk aan die Vyfde Simfonie herhaaldelik onderbreek om aan ander komposisies te werk:

die eerste weergawe van Fidelio, op. 72; die Klaviersonate no. 23 in F-mineur, op. 57 (Appassionata); die drie Razumovsky-strykkwartette (nos. 7–9, opp. 59); die Vioolkonsert in D-majeur, op. 61; die Vierde Klavierkonsert in G-majeur, op. 58; die Vierde Simfonie in E-mol-majeur, op. 60; en die Mis in C-majeur, op. 86.

Die finale voorbereiding van die Vyfde Simfonie, wat in 1807–1808 plaasgevind het, is parallel met dié van die Sesde Simfonie uitgevoer, en beide simfonieë is vir die eerste keer tydens dieselfde konsert gehoor.

Beethoven was toe in sy middeldertigs; sy persoonlike lewe is gekwel deur toenemende doofheid. Die bekende wêreld was in die Napoleontiese Oorloë gedompel, daar was politieke onrus in Oostenryk, en in 1805 het Napoleon Wene beset. Die simfonie is gekompneer terwyl hy in die Pasqualati-huis in Wene gewoon het. Die laaste beweging is 'n aanhaling uit 'n revolusionêre lied deur Claude Joseph Rouget de Lisle.

Première Die Vyfde Simfonie is vir die eerste keer op 22 Desember 1808 tydens 'n maratonkonsert in die Theater an der Wien in Wene uitgevoer. Dié konsert het uitsluitlik uit splinternuwe Beethoven-werke bestaan en Beethoven het elke werk persoonlik gedirigeer.Kinderman, W. 1995. Beethoven. Berkeley: University of California Press, bl. 122. ISBN 0-520-08796-8. Die konsert het meer as vier ure geduur. Die twee simfonieë het in omgekeerde volgorde op die program verskyn: die Sesde is eerste gespeel, en die Vyfde eers in die tweede helfte van die konsert.Parsons, A. 1990. Symphonic birth-pangs of the trombone. In British Trombone Society. Geraadpleeg op 31 Augustus 2015. Die program was soos volg:

Die Sesde Simfonie in F majeur, op. 68 Die konsertaria "Ah! perfido", op. 65 Die "Gloria" uit die Mis in C majeur, op. 86 Die Vierde Klavierkonsert in G-majeur, op. 58 (met Beethoven self as pianis)

Pouse

Die Vyfde Simfonie Die "Sanctus" en die "Benedictus" uit die Mis in C-majeur ’n Soloklavierimprovisasie, gespeel deur Beethoven Die Koraalfantasie in C-mineur/majeur, op. 80

regs|duimnael| Die Theater an der Wien soos wat dit in die vroeë 19de eeu gelyk het. Beethoven het die Vyfde Simfonie opgedra aan twee van sy beskermhere, prins Franz Joseph von Lobkowitz en graaf Razumovsky. Dié toewyding het in die eerste gedrukte uitgawe van April 1809 verskyn.

Ontvangs en invloed Daar was min kritiese reaksie op die eerste uitvoering, al het dit onder ongunstige omstandighede plaasgevind. Die orkes het nie goed gespeel nie – te wyte aan slegs een repitisie voor die konsert – en met die Koraalfantasie (op. 80) moes Beethoven die uitvoering stop en oorbegin nadat een van die musici 'n fout gemaak het.Robbins Landon, H. C. 1992. Beethoven: His life, work, and world. New York: Thames & Hudson, bl. 149. Die ouditorium was yskoud en die lang uitmergelende program het die gehoor uitgeput. 'n Jaar en 'n half later het die publikasie van die bladmusiek egter tot 'n meesleurende ongetekende resensie (in werklikheid deur die musiekresensent E.T.A. Hoffmann) in die Allgemeine musikalische Zeitung gelei. Hy het die musiek in dramatiese beelde beskryf:Stralende strale deurpriem dié streek se diepe nag, en ons word bewus van reusagtige skaduwees wat heen en weer wieg, ons verswelg en alles in ons vernietig, buiten die pyn van eindelose verlange – 'n verlange waarin elke plesier wat met jubelende tone verrys het nou sink en swig, en slegs deur hierdie pyn wat, terwyl dit liefde, hoop en vreugde verteer maar nie vernietig nie, probeer om ons gemoed te laat oopbars met luide harmonieë van al die hartstogte, leef ons voort en is ons betowerde aanskouers van dié geeste."Recension: Sinfonie ... composée et dediée etc. par Louis van Beethoven. à Leipsic, chez Breitkopf et Härtel, Oeuvre 67. No. 5. des Sinfonies", Allgemeine musikalische Zeitung 12, nos. 40 en 41 (4 en 11 Julie 1810): kol. 630–642 en652–659. Aanhaling uit kol. 633.Afgesien van dié uitspattige lof, het Hoffmann verreweg die grootste deel van sy resensie gewy aan 'n breedvoerige ontleding van die simfonie, om aan sy lesers te wys watter middele Beethoven gebruik het om die luisteraar op besondere wyse te ontroer. In 'n opstel getiteld "Beethoven se instrumentale musiek", wat hy uit hierdie 1810-resensie en nog een uit 1813 van die klaviertrio's (op. 70) – dit is in drie aflewerings in Desember 1813 gelewer – saamgestel het, prys Hoffmann die "onbeskryflik diepgaande, manjifieke simfonie in C-mineur" verder:Hoe dwing hierdie wonderlike komposisie, in 'n klimaks wat hoër en hoër klim, nie vorentoe in die geesteswêreld van die oneindige nie! ... Ongetwyfeld jaag die geheel soos 'n vernuftige rapsodie verby menige mens, maar die siel van elke bedagsame luisteraar word verseker, diep en intiem, geroer deur 'n gevoel wat niks anders is as daardie onuitspreeklike angswekkende verlange nie, en tot die slotakkoord – inderdaad, selfs in die oomblikke wat daarop volg – sal hy magteloos wees om uit daardie wonderlike geesteryk te tree waar hartseer en vreugde hom in die vorm van klank omhels...Anoniem gepubliseer: "Beethovens Instrumental-Musik", , nos. 245–247 (9, 10 en11 Desember 1813): kols. 1953–1957, 1964–1967 en 1973–1975. OOk anoniem gepubliseer as deel van Hoffmann se versameling, getiteld Fantasiestücke in Callots Manier, 4 volumes, Bamberg, 1814. Die Engelse uitgawe: Ernst Theodor Amadeus Hoffmann, Fantasy Pieces in Callot's Manner: Pages from the Diary of a Traveling Romantic, vertaal deur Joseph M Hayse. Schenectady: Union College Press, 1996; ISBN. Die simfonie het spoedig 'n sentrale werk in die standaardorkesrepertorium geword. Dit is tydens die inwydingskonserte van sowel die New Yorkse Filharmoniese Orkes op 7 Desember 1842 as die [VSA se] Nasionale Simfonieorkes op 2 November 1931 gespeel. In 1910 is dit vir die eerste keer opgeneem deur die Odeon-orkes onder leiding van Friedrich Kark. Die eerste beweging (uitgevoer deur die nou ontbinde Philharmonia-orkes) was deel van die Voyager Golden Record, 'n grammofoonplaat wat 'n uiteenlopende reeks voorbeelde bevat van Aardse prente, algemene klanke, tale en musiek wat in 1977 aan boord van die Voyager-verkenningstuig die buitenste ruimte ingestuur is. Die Vyfde is 'n baanbreker in terme van sowel die tegniese as emosionele impak wat dit op komponiste en musiekkritici gehad het, en dit het werke geïnspireer van komponiste soos Brahms, Tsjaikofski (veral sy Vierde Simfonie ), Bruckner, Mahler en Berlioz.Rushton, J. 2001. The Music of Berlioz. Oxford: Oxford Univerity Press, bl. 244.

Sedert die Tweede Wêreldoorlog word daar soms daarna verwys as die "Oorwinningsimfonie". "V" is toevallig ook die Romeinse syferkarakter vir die nommer 5 en die frase "V for Victory" het 'n veldtog van die Geallieerdes in die Tweede Wêreldoorlog geword nadat Winston Churchill dit in 1940 as 'n trefwoord begin gebruik het. Beethoven se "Oorwinningsimfonie" was toevallig sy vyfde (of andersom), hoewel dit heeltemal toevallig is. Sowat dertig jaar nadat die werk gekomponeer is, is dieselfde ritme van die simfonie se openingsfrase – "dit-dit-dit-dah" – vir die letter "V" in Morsekode gebruik, hoewel die ooreenkoms ook toevallig is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die BBC sy uitsendings aan Special Operations Executives (SOE) regoor die wêreld voorafgegaan met daardie vier note, gespeel op tromme. MacDonald, J. 1941. British Open 'V' Nerve War; Churchill Spurs Resistance. The New York Times, 20 Julie. Geraadpleeg op 31 Augustus 2015. Dit was op die voorstel van die intelligensie-agent Courtenay Edward Stevens."Mr C. E. Stevens". The Times. No. 59798. 2 September 1976.

Instrumentasie Die simfonie is vir die volgende instrumente gekomponeer:

Houtblasers

1 piccolo (slegs in die vierde beweging) 2 fluite 2 hobo's 2 klarinette in B-mol (die eerste drie bewegings) en in C (die laaste begewing) 2 fagotte

Koperblasers

2 horings in E-mol (eerste en derde bewegings) en in C (tweede en vierde bewegings) 2 trompette in C 3 trombone (alt, tenoor en bas, slegs in die vierde beweging)

Keteltrom (in G–C)

Strykers

Viole I en II Altviole Tjello's Basviole

Vorm 'n Tipiese uitvoering duur gewoonlik tussen 30 en 40 minute. Die werk bestaan uit vier bewegings:

I. Allegro con brio

Die eerste beweging begin met die viernootmotief wat hierbo bespreek is – een van die bekendste motiewe in Westerse musiek. Daar is heelwat debat onder dirigente oor die wyse waarop die vier openingsmate gespeel behoort te word. Sommige dirigente pas die allegro-tempo streng toe; ander neem die vryheid van 'n swaar interpretasie en speel die motief in 'n baie stadiger, statiger tempo; 'n derde groep speel die motief molto ritardando ('n besliste verlangsaming oor elke viernootfrase), met die verduideliking dat die fermata ('n ongespesifiseerde lengte van 'n noot of rus) oor die vierde noot dit regverdig.Scherman, T.K. & Biancolli, L. 1973. The Beethoven companion. New York: Double & Company, bl. 570. Sommige kritici en musici beskou dit as noodsaaklik om die gees van rus-en-twee-en-EEN (soos geskryf) oor te dra, en beskou die meer algemene een-twee-drie-VIER as misleidend. Die kritikus Michael Steinberg het verklaar dat Beethoven met die "ta-ta-ta-taaa"-motief eintlik met agt note begin. Hy wys daarop dat "hulle rym (vier plus vier) en elke groep van vier uit drie vinnige note plus een laer en heelwat langer noot (in werklikheid ongemeet) bestaan." Die stilte tussen die twee rymgroepe is ook minimaal (ongeveer een sewende van 'n sekonde) as ons by Beethoven se metronoommerk gebruik, meen hy.Steinberg, M. 1995. The symphony: A listener's guide. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-512665-5. Geraadpleeg op 6 Oktober 2021.