Guacamole is 'n avokadogebaseerde smeer, doopmiddel of slaai wat die eerste keer in Mexiko ontwikkel is. Benewens die gebruik daarvan in moderne Mexikaanse kookkuns, het dit deel van die internasionale kostoneel geword as 'n doop- of geurmiddel of slaaibestanddeel.

Geskiedenis thumb|240px|Guacamole saam met tortillatjips. Avokadosade van 9 000 tot 10 000 jaar gelede is in die Tehuacanvallei van Mexiko ontdek. Dit is teen 5000 v.C. deur verskeie Meso-Amerikaanse groepe gedomestikeer.

Hulle is waarskynlik teen 3100 v.C. al in die Supevallei van Peru gekweek.

Bestanddele Guacamole word tradisioneel gemaak deur ryp avokado's af te skil en saam met sout in 'n vesel fyn te druk.

Bestanddele sluit dikwels lemmetjiesap, koljander, uie en jalapeño's in, en sommige nietradisionele soorte bevat suurroom, tamaties, basilie of ertjies.

Omdat avokado's bruin word as dit aan suurstof blootgestel word,Hartel, 2009, p. 43 moet guacamole in 'n lugdigte houer gebêre of in plastiek toegedraai word om te keer dat dit met die lug in aanraking kom.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Kosbestanddele Kategorie:Geurmiddels Kategorie:Smere Kategorie:Mexikaanse kookkuns