thumb|180px|Boktestikels op 'n mark in Spanje. thumb|180px|'n Bredie van hoendertestikels (kakashere pörkölt) in Hongarye. thumb|180px|Bultestikelbredie (regs) in Oostenryk.
Die testikels van kalwers, lammers, hoenders, kalkoene en ander diere word in baie dele van die wêreld geëet, dikwels onder eufemistiese name. Testikels is 'n neweproduk van die kastrasie van jong diere wat vir hulle vleis grootgemaak word en was dus 'n spesialiteit vir die laat lente, hoewel hulle deesdae gevries word en heeljaar beskikbaar is.
Geregte Testikels word op talle verskillende maniere gekook: pangebraai, gesous, gestoof, geposjeer, in diepvet gebraai in 'n deeg, in pasteie, ensovoorts. Voordat hulle gekook word, word hulle gewoonlik geblansjeer, ontvel en in koue water laat week.Prosper Montagné, Larousse Gastronomique, 1938
Name In Engels is testikels onder baie name bekend, insluitende stones, Rocky Mountain oysters en prairie oysters.Oxford English Dictionary s.v. 'stone' 11a, 'mountain' and 'prairie oyster' 2 Lamstestikels word dikwels lamb fries genoem.Oxford English Dictionary, s.v. 'fry' n2 2b
Eufemismes word in baie tale gebruik. In Arabiese lande soos Libanon, Sirië en Irak is hulle bekend as baid ghanam en in Turkye as koç yumurtası, wat in albei tale "skaapeiers' beteken.
In sommige Spaanssprekende lande in Latyns-Amerika is hulle bekend as criadillas of huevos de toro, "buleiers"; in Chinees, as 牛宝 (Pinyin: niú bǎo), "osskatte" en in Grieks as αμελέτητα, "onnoembares".
Die Franse animelles ("ingewande") en Italiaanse granelli ("korrels") was eers eufemismes, maar het die standaardname van geregte geword.Tresor de la langue française s.v. animellesTreccani on line s.v.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Afval (kos)