thumb|120px|Die ruitenssimbool. thumb|120px|Die ruitenskaarte van 'n Franse pak kaarte.

Ruitens, ruite of diamante 20px|♦ is een van die vier kleure, of stelle, speelkaarte in 'n Franse pak. Dit is die enigste Franse stel wat nie van Duitse kaarte afgelei is nie; dit neem die plek in van die Duitse klokke 18px.

In ouer Duitse meldings van kaartspeletjies word ruitens dikwels Eckstein ("hoeksteen") genoem. In Switserland is dit steeds as Egge (=Ecke, dus "hoek") bekend. Die Duitse term "Karo" het in die 18de eeu in die taal beland van die Franse carreau, wat weer afgelei is van die Latynse woord, quadrum ("vierkant" of "reghoek").Wolfgang Pfeifer: Etymologisches Wörterbuch des Deutschen. 8. Auflage. Deutscher Taschenbuch Verlag, Munich, 2005, .

Eienskappe Die diamante het gewoonlik 'n ruitvorm en vier ewe lang sye, en staan op sy een punt. Die kante is soms effens gerond en dit lyk baie soos 'n astroïed.

Ruitens is gewoonlik rooi. In 'n vierkleurpak kan hulle egter ook blou, geel of oranje wees, soos hulle Duitse ekwivalente, wat eintlik goudkleurig is.

Hier onder is die ruitens van 'n Franse standaardpak van 52 kaarte (die ruitensridder wat in tarotkaartspeletjies gebruik word, word nie vertoon nie):

Vierkleurpakke thumb|Die vier ase in 'n vierkleurpak. Ruitens is hier blou. Vierkleurpakke word soms in toernooie of aanlyn gebruik. In sulke pakke is ruitens: oranje 20px|♦ in Engelse en Duitse pakke geel    20px|♦ in Amerikaanse en Duitse skattoernooipakkeGallery 3 - Sizes, Shapes and Colours by a_pollett.tripod.com. Besoek op 4 Augustus 2020. of blou    20px|♦ in Engelse en Amerikaanse pokerpakkeFour-Color Deck by pokernews.com. Besoek op 4 Augustus 2020. en Franse en Switserse vierkleurpakke.

Unicode In Unicode is daar 'n swart ruit ♦ en 'n wit ruit ♢.

Verwysings

Bykomende bron

Skakels

Kategorie:Speelkaarte