thumb|120px|Die klawersimbool. 120px|thumb|Klawerhere.

Klawers 20px|♣ is een van die vier kleure, of stelle, speelkaarte in 'n Franse pak. Dit stem ooreen met die stel akkers 15px| in 'n Duitse pak kaarte.

Die oorspronklike Franse naam is Trèfle, wat "klawer" beteken, en die kaartsimbool is 'n klawer met drie blare. Die Italiaanse naam is Fiori ("blom"). Die Engelse naam, Clubs, is afgelei van die stel Bastoni ("knuppels") in Spaanse kaarte.

In Duitsland is dié stel bekend as Kreuz ("kruis"), veral in die internasionale skatregulasies. In Oostenryk is dit weer feitlik uitsluitlik as Treff bekend, wat 'n verwysing na die Franse naam is, veral in brug waar Franse name gewoonlik oorheers. So word hartens Cœur genoem in plaas van Herz.

Eienskappe Die simbool vir dié stel is 'n baie gestileerde klawer met drie blare en 'n stingel wat na onder wys. Klawers is gewoonlik swart, maar kan ook groen wees, soos in 'n brugpak (waar dit saam met ruitens een van die minder belangrike kleure is.

Hier onder is die klawers van 'n Franse standaardpak van 52 kaarte (die klawerridder wat in tarotkaartspeletjies gebruik word, word nie vertoon nie):

Vierkleurpakke thumb|200px|Die vier ase van 'n vierkleurpak. Klawers is hier groen. Vierkleurpakke word soms in toernooie of aanlyn gebruik. In vierkleurpakke kan klawers so lyk: groen 18px|♣ in Amerikaanse brug en poker,Four-Color Deck by pokernews.com. Besoek op 4 Augustus 2020. Engelse poker en Franse en Switserse vierkleurpakkeGallery 3 - Sizes, Shapes and Colours by a_pollett.tripod.com. Retrieved 4 Aug 2020. swart 18px|♣ in Duitse skatpakke blou   18px|♣ in Engelse brug- en sommige Amerikaanse pakke of pienk 18px|♣ in sommige vierkleurpakke.

Unicode In Unicode kom 'n swart simbool ♣ en wit simbool ♧ voor.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Speelkaarte