duimnael|regs|350px|Op hierdie foto van die Terra-satelliet is Soetendalsvlei reg noord van Kaap Agulhas sigbaar, benewens Agulhas- Nasionale Park op linkerhand en De Mond-natuurreservaat op die regterkant. Die Agulhasvlakte is 'n komplekse vleilandstelsel wat in die Overberg aan die suidpunt van Afrika lê. Dit begin noord van Bredasdorp, en strek tot by die suidpunt van Kaap Agulhas. Die westelike grens lê naby Gansbaai.

Daar is baie bedreigde plantspesies in die gebied. Baie van hulle word nie in die staatswoude en privaat natuurreservate langs die kusgebiede aangetref nie, maar groei meer in die binneland.

Flora 'n Nuwe fynbosleliespesie, die Nuwejaarslelie (Cyrtanthus novus-annus), is in 'n bewaringsgebied op die Agulhasvlakte ontdek en die spesie Hermannia concinnifolia is endemies aan die vlakte.

Paleo-Agulhasvlakte Die nou onderwater Paleo-Agulhasvlakte in Suid-Afrika het uiteenlopende, groen ekosisteme en volop wild vir vroeë mense gehad.

Verwysings

Eksterne skakels Kaart van die Agulhasvlakte Lys van voëlspesies in die Agulasvlakte

Kategorie:Streke van die Wes-Kaap Kategorie:Biome in Suid-Afrika