thumb|120px|Die hartenssimbool. thumb|240px|Die stel in 'n Duitse pak.
Hartens of harte (Frans: Cœur, Duits: Herz) is een van die kleure, of stelle, in 'n pak speelkaarte van beide die Franse en Duitse ontwerp. Die simbool verskil egter effens: 20px|simbool: Herz in 'n Franse en 20px|simbool: Herz in 'n Duitse pak kaarte.
In brug, waarvoor die Franse kaarte algemeen in Duitsland gebruik word, word dit op die Franse naam, Cœur, genoem. In speletjies met Duitse kaarte word die hartens dikwels "Rooi" (Rot) genoem. In die spel watten is die hartensheer die hoogste troefkaart.
Die stel is in die 15de-eeuse Duitsland ontwerp en is die oorblyfsel van 'n groot poel eksperimentele tekens wat geskep is om die Latynse simbole te vervang.
Naam Dit is nie bekend wat die oorsprong is van die term "hart" vir die simbool is nie, en dit lyk net effens soos 'n regte hart. Ekwivalente in ander tale beteken gewoonlik ook "hart".
Eienskappe Die simbool is hartvormig en die onderkant eindig in 'n skerp punt. Die twee lobbe wys na bo. Hartens is gewoonlik rooi.
Franse patroon Hier onder is die hartens van 'n Franse pak met 52 kaarte (die hartensridder, wat in tarotkaartspeletjies gebruik word, word nie vertoon nie):
Duitse patroon Hier onder is die Duitse hartens uit 'n pak van 32 kaarte:
Unicode In Unicode kom 'n swart hart ♥ en wit hart ♡ voor.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Speelkaarte