Die valspendoring (Putterlickia pyracantha) is 'n struik of klein boom wat deel is van die Celastraceae familie. Dit plant is endemies aan die Oos- en die Wes-Kaap. Dit kom vanaf die Vredenburg-skiereiland tot by die Kaapse Skiereiland voor en ooswaarts langs die kus tot by die Oos-Kaap. Hier kom dit in die binneland voor tot by die Tsitsawaterval. Die boom is deel van die fynbos- en Albanie-ruigte-biome.

Dit staan ook as die baster-pendoring, branddoring, vuurdoring, wildegranaat en die wolwedoring bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Putterlickia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika