Al-Fil (Arabies: ٱلفِيل, "Die Olifant") is die 105de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 5 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1: "Het u nie gesien hoe u Heer met die eienaars van die olifant gehandel het nie?"Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die hooftema van dié hoofstuk is 'n historiese gebeurtenis. Die jaar van Mohammed se geboorte is bekend as "Die Jaar van die Olifant", toe Mekka deur generaal Abraha aangeval is omdat hy die Kaäba wou verwoes. God het 'n swerm voëls gestuur wat sy leër en hulle olifante met klonte klei bestook en hulle vernietig het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran