duimnael|Piktogram wat Moderne vyfkamp aandui duimnael|Japannese posseël wat die items van die moderne vyfkamp uitbeeld, uitgereik ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1964 in Tokio duimnael|Moderne vyfkampers op die Spele van 2004, besig met die laaste item
Die moderne vyfkamp is 'n sportwedstryd wat vyf items insluit naamlik pistoolskiet, skermdegen, 200 m vryslag swem, perdespring (toonspring) en 'n 3 km veldloop. Die sport word gereguleer deur die Union Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM), die Internasionale Moderne Vyfkamp Unie.
Geskiedenis Die moderne vyfkamp is uitgedink deur die baron Pierre de Coubertin, die stigter van die moderne Olimpiese Spele. Die naam kom van die Grieks penta- "vyf" en -athlon "wedstryd". Die toevoeging van moderne tot die naam het dit onderskei van die oorspronklike vyfkamp van die antieke Olimpiese Spele, wat bestaan het uit 'n stadion wedloop, stoei, verspring, spiesgooi en skyfwerp. Namate die oorspronklike vyfkamp rondom die vaardighede van die perfekte soldaat van daardie tyd ontstaan het, het Coubertin die wedstryd geskep om die ervarings van 'n 19de eeuse berede soldaat aan die vyandige kant te simuleer: hy moet op 'n onbekende perd ry, met 'n pistool en swaard veg, swem en hardloop.
Die moderne vyfkamp is die eerste keer tydens die 1912 Olimpiese Spele gehou en is deur die Sweedse atleet, Gösta Lilliehöök gewen. Die moderne vyfkamp is sedert 1912 by elke Olimpiese Spele aangebied. 'n Afdeling vir spanne is by die 1952 Olimpiese Spele aanvaar, maar is laat vaar by die 1992 Olimpiese Spele. 'n Afdeling vir vroue is by die 2000 Olimpiese Spele aanvaar. In nie-Olimpiese jare word jaarliks, sedert 1949, 'n Wêreldkampioenskap-byeenkoms gehou.
Die kompetisie het oorspronklik oor vier tot vyf dae gestrek maar met die 1996 Olimpiese Spele is 'n een-dag formaat aanvaar in 'n poging om die sport meer toeganklik vir gehore te maak. Ten spyte van die wedstryd se sterk verbintenis met die moderne Olimpiese Spele (die feit dat dit die enigste sportsoort is wat uitsluitlik vir die Olimpiese Spele ontwikkel is), het die gebrek aan belangstelling buite Oos-Europa gelei tot vrae oor die voortbestaan van die sportsoort by die Olimpiese Spele. Die IOK het egter op 8 Julie 2005 gestem om die sportsoort in die Olimpiese program te hou tot ten minste die 2012 Olimpiese Spele.
Formaat Buiten die skermkompetisie neem atlete nie direk teenoor mekaar deel in een van die vier ander items nie. 'n Beter algehele vertoning gee uiteindelik 'n hoër puntetelling; punte vir elke item word saamgevoeg om die totale punte te bereken. Dit is soortgelyk aan die prosedure vir die berekening van punte vir die tienkamp in atletiek. 'n Nuwe element is egter bekend gestel om die eindstryd meer opwindend te maak. Die laaste item is die veldloop. Deelnemers word ingedeel volgens die telling van die vorige vier items en kry verskillende wegspringtye, met die voorloper (volgens die punte) wat eerste wegspring en die ander wat verspreid volgens hulle puntestand wegspring. Die gevolg is dat die eerste persoon oor die wenstreep ook die algehele wenner van die vyfkamp is.
In November 2008 het die UIPM gestem dat die formaat aan die begin van 2009 verander gaan word. Die hardloop en skiet-items word in tandem (m.a.w. opeenvolgend) beslis. Atlete sal drie skietbeurte hê na vyf teikens, gevolg deur 'n 1000 m wedren. Dit is soortgelyk aan die tweekamp by die Olimpiese Winterspele wat 'n heg-en-steg-ski-wedloop met pistoolskiet kombineer. Die verskil is egter dat die skiërs hulle gewere saamdra maar die vyfkampatlete nie. Hierdie verandering het kritiek ontlok van persone wat meen dat die verandering die nodige vaardighede vir die sport radikaal verander. Die New York Times het selfs voorgestel dat dit verander moet word na "vierkamp" omdat twee van die vyf items in 'n enkele item saamgevat is.
Die skiet-item behels die gebruik van 'n 4,5 mm luggeweer (windbuks) in 'n staande posisie op 'n afstand van 10 m na 'n stilstaande teiken. Tot en met die reëlverandering in 2008 was dit in die formaat van 'n 10 m luggeweer-kompetisie: elke deelnemer het 20 skote gehad waarvoor 40 sekondes per skoot toegelaat is. In die nuwe formaat moet, in elke drie skietrondes, elke deelnemer na vyf teikens skiet en die geweer na elke skoot herlaai; daarna mag hulle verder hardloop. 'n Skoot wat die teiken mis word nie gepenaliseer nie, maar indien die totale tyd (70 sekondes) oorskry word, kan 'n penalisasie volg.
Die skerm-item maak gebruik van die skermdegen. Die kompetisie is 'n rondomtalie-toernooi, wat beteken dat elke deelnemer teen elk van die ander deelnemers te staan kom. Elke wedstryd duur een minuut; die eerste skermer om 'n "raak" aan te teken, wen outomaties. Indien geen speler binne die toegelate minuut die ander "raak" nie, verloor beide die wedstryd.
Die swem-item is 'n 200 m vryslag swem wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 300 m. Deelnemers word d.m.v. uitdunne gekeur na aanleiding van hul vinnigste tye oor die afstand.
Die perdry-item behels 'n vertoonspring (show jump) item oor 'n 350–450 m baan met 12 tot 15 versperrings. Deelnemers se perde word in 'n trekking 20 minute voor die begin van die item aan hulle toegewys.
Die hardloop-item behels 'n 3 km landloop wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 4 km. Die onderbreking van die pistoolskiet het wel die formaat van die wedren verander, maar nie die beginsel dat die algehele wenner die eerste is om oor die wenstreep te trap nie.
Wêreldkampioene Mans JaarAtleetNasionaliteit2008 Ilia Frolov 2007 Viktor Horvath 2006 Edvinas Krungolcas 2004 Andrejus Zadneprovskis 2003 Eric Walther 2002 Michal Sedlecký 2001 Gábor Balogh 2000 Andrejus Zadneprovskis 1999 Gábor Balogh 1998 Sebastien Deleigne 1997 Sebastien Deleigne 1995 Dmitri Svatkovski 1994 Dmitri Svatkovski 1993 Richard Phelps 1991 Arkadiusz Skrzypaszek 1990 Gianluca Tiberti 1989 László Fabian 1987 Joël Bouzou 1986 Carlo Massullo 1985 Attila Mizser 1983 Anatoli Starostin 1982 Daniele Masala 1981 Janusz Pyciak-Peciak 1979 Robert Nieman 1978 Pavel Lednev 1977 Janusz Pyciak-Peciak 1975 Pavel Lednev 1974 Pavel Lednev 1973 Pavel Lednev 1971 Boris Onishchenko 1970 Péter Kelemen 1969 András Balczo 1967 András Balczo 1966 András Balczo 1965 András Balczo 1963 András Balczo 1962 Eduard Sdobnikov 1961 Igor Novikov 1959 Igor Novikov 1958 Igor Novikov 1957 Igor Novikov 1955 Konstantion Salnikov 1954 Björn Thofelt 1953 Gábor Benedek 1951 Lars Hall 1950 Lars Hall 1949 Tage Bjurefelt Vroue JaarAtleetNasionaliteit2008 Amélie Cazé 2007 Amélie Cazé 2006 Marta Dziadura 2005 Claudia Corsini 2004 Zsuzsanna Vörös 2003 Zsuzsanna Vörös 2002 Bea Simoka 2001 Stephanie Cook 2000 Pernille Svarre 1999 Zsuzsanna Vörös 1998 Anna Sulima 1997 Jelisaweta Suworowa 1996 Janna Dolgaschewa-Schubenok 1995 Kerstin Danielsson 1994 Eva Fjellerup 1993 Eva Fjellerup 1992 Iwona Kowalewska 1991 Eva Fjellerup 1990 Eva Fjellerup 1989 Lori Norwood 1988 Dorota Idzi 1987 Irina Kisselyeva 1986 Irina Kisselyeva 1985 Barbara Kotowska 1984 Svetlana Jakovleva 1983 Lynn Chernobrywy 1982 Wendy Norman 1981 Ann Ahlgren
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Olimpiese somersporte