duimnael|Piktogram wat Gewigoptel aandui duimnael|Irakkese gewigopteller met 180 kg op die stok duimnael|Vroulike gewigopteller

Gewigoptel is 'n sport waar die beoefenaars probeer om swaar gewigte op te tel en bo hulle koppe uit te stoot. Na elke suksesvolle poging word meer gewigte gelaai tot die maksimum wat die opteller kan lig bereik word. Die gewigte is skyfvormig en word aan weerskante van die loop of gewigstok gelaai.

Atlete word volens hulle liggaamsgewig in verskillende kategorieë ingedeel. Tydens die Olimpiese Spele is daar agt kategorieë vir mans en sewe vir dames.

Gewigoptel moet nie met gewigstoot, 'n velditem in atletiek waar 'n atleet 'n ysterbal so ver as moontlik moet gooi, verwar word nie.

Sien ook Bankdruk, vir gestremde atlete.

Eksterne skakels

Internasionale Gewigoptelfederasie se webwerf.

Kategorie:Olimpiese somersporte