PetroSA, oftewel die Petroleum, Olie en Gaskorporasie van Suid-Afrika, is 'n staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat in Januarie 2002 gevorm is toe Mossgas, Soekor en dele van die Strategiese Brandstoffonds Assosiasie saamgesmelt het. PetroSA bedryf een van die grootste gas-na-vloeistofaanlegte ter wêreld in Mosselbaai. Die maatskappy beskou hul kernaktiwiteite as: Die eksplorasie en produksie van ruolie en aardgas. Die deelname in en aankoop van plaaslike sowel as internasionale stroomop petroleumgeleenthede. Die produksie van sintetiese brandstowwe, wat vervaardig word uit ondersese gas in wat hulle beskryf as een van die wêreld se grootste kommersiële gas-na-vloeistofaanlegte. Die bemarking en verhandeling van olie en petrochemikalieë. Die stoor van ru-olie namens die Strategiese Energiefonds.
Van die produkte wat deur die maatskappy geproduseer word sluit petrol, paraffien, diesel, propaan en alkohole in.
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse sakeondernemings Kategorie:Energie Kategorie:Fossielbrandstof