As-Sajdah (Arabies: السجدة, "Die Prostrasie") is die 32ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 30 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Alief, Laam, Miem.

Opsomming Die eerste helfte van die soera dek sommige van Islam se teologiese konsepte, insluitende openbaring, God, die skepping van die mens, die opstanding en die oordeelsdag.

Die tweede helfte bespreek 'n vergelyking tussen dié wat hulle voor God prostreer en dié wat van God se tekens wegdraai. Die Kinders van Israel word dan genoem as 'n voorbeeld van mense wat God se leiding volg deur Moses.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran