Saba (Arabies: سَبَأ, "Skeba") is die 34ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 54 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

160px|links|thumb|Saba. Dit bespreek die lewe van Salomo en Dawid. Dit bevat ook 'n verhaal oor die mense van Skeba en waarskuwings aan die ongelowiges en oor die oordeelsdag.

Opsomming Die hoofstuk begin met die frase "Die lof kom Allah toe" (Alhamdulillah), een van die vyf sodanige hoofstukke. Die eerste twee verse voer God se lofwaardigheid en alomteenwoordigheid aan. Die volgende verse (3-9) kritiseer die ongelowiges oor hulle verwerping van die opstanding, die oordeelsdag en Mohammed se boodskap. Verse 10-14 bespreek Dawid en Salomo kortliks. Hulle was albei profete in Islam.

Verse 15-19 bevat 'n verhaal oor die mense van Skeba. Dit is geskoei op die antieke Sabeërs wat in die sentrale laaglande van Jemen gewoon het. Volgens dié verse was hulle aanvanklik vooruitstrewend, maar het ophou aanbid en is met 'n vloed gestraf. Dit verteenwoordig 'n waarskuwing teen trots en ondankbaarheid.

Die res van die soera bespreek verskeie sake, insluitende die aard van Iblies (die duiwel in Islam), waarskuwings aan diegene wat die boodskap van Islam verwerp, oor wat op die oordeelsdag wag en die aard van Mohammed se sending.

Verwysings

Bibliografie

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran