MeksikostadCiudad de MéxicoAltepetl Mexico 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Deelstaat 20px|raam Distrito Federal Koördinate  Stigting van México-Tenochtitlan 13 Maart 1325  Stigting van Meksikostad 13 Augustus 1521  Stigting van die Federale Distrik 18 November 1824  Stigting van Meksikostad 29 Januarie 2016  Oppervlakte:    - Totaal 1 485 vk km  Hoogte bo seevlak 2 240–3 930 m  Bevolking:    - Totaal (2020) 9 209 944  - Bevolkingsdigtheid 6 200/vk km  - Metropolitaanse gebied 21 804 515  Tydsone UTC-6 (CST) Somertyd UTC -5 (CDT) Klimaat    - Tipe Subtropiese klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 13 / 19,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 832 mm Burgemeester Clara Brugada(Morena) Amptelike webwerf cdmx.gob.mx

duimnael|links|Kaart van die Texcocomeer in 1519 in die vallei van Meksiko op die gebied van die huidige Meksikostad duimnael|links|Kaart van die metropolitaanse gebied van Meksikostad. 'n Groot deel van die stadsgebied is geleë in die deelstaat México duimnael|links|Satellietbeeld van Meksikostad duimnael|links|Die Onafhanklikheidsengel (El Ángel de la Independencia) op die Paseo de la Reforma Meksikostad of Mexikostad (Spaans: Ciudad de México, [sjuˈða(ð) ðe ˈmexiko], , afgekort: CDMX; Nahuatl: Altepetl Mexico) is die hoofstad en grootste stad van Meksiko, wat nie deel uitmaak van een van die 31 Meksikaanse deelstate nie, maar in die Federale Distrik geleë is. Die stad is die setel van die federale magte van Meksiko en dié land se belangrikste politieke, kulturele, opvoedkundige en finansiële sentrum. Die bynaam is La Ciudad de los Palacios (“die stad van paleise”), so genoem deur die Duitse natuurkundige Alexander von Humboldt, wat die stad in die 19de eeu besoek het.

As 'n alfa-wêreldstad is Meksikostad een van Noord-Amerika se belangrikste finansiële sentrums. Dit is geleë in die vallei van Meksiko (Valle de México), 'n groot vallei in die hoë plato by die sentrum van Meksiko, op 'n hoogte van 2240 meter bo seevlak. Die stad bestaan uit 16 munisipaliteite (Spaans: alcaldías).

Die historiese stadsentrum van Meksikostad is saam met die "swemmende tuine" (Chinampa) van Xochimilco in 1987 en die sentrale kampus van die Nasionale Outonome Universiteit van Meksiko in 2007 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Bevolking en ekonomie Die stad het in 2020 'n bevolking van 9 209 944 en sowat 21 804 515 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 485 km². Meksikostad is daarmee die sesde grootste agglomerasie ter wêreld, grootste stad in Noord-Amerika, die tweede grootste metropolitaanse gebied in die Westelike Halfrond (na São Paulo) en die grootste Spaanssprekende stad ter wêreld.

Groter Meksikostad het 'n bruto binnelandse produk (BBP) van VS$411 miljard in 2011 gehad en is dus die agtste rykste metropolitaanse gebied ter wêreld. Die stad is verantwoordelik vir die opwekking van 21% van Meksiko se bruto binnelandse produk en die metropolitaanse gebied is verantwoordelik vir 34% van die totale bruto nasionale produk (BNP) van dié land. Indien dit 'n onafhanklike stadstaat was, sou Meksikostad in 2013 die vyfde grootste ekonomie in Latyns-Amerika gewees het, vyfkeer groter as dié van Costa Rica en omtrent so groot soos dié van Peru.

Ontstaansgeskiedenis México-Tenochtitlan is op 13 Maart 1325 deur Asteke onder Ténoch gestig en het sedertdien as die hoofstad van die Asteekse Ryk gedien. Die huidige stad is op 13 Augustus 1521 deur Spanjaarde onder Hernán Cortés op die ruïnes van Tenochtitlan as México Tenochtitlán, sedert 1585 La Ciudad de México (Meksikostad), gestig. Vanaf 1521 tot 1821 het Meksikostad as hoofstad van die Vise-Koninkryk Nieu-Spanje gedien en was een van die belangrikste politieke, administratiewe en finansiële sentrums van die Spaanse Ryk. Die stad is sedert 1821 die hoofstad van Meksiko en die Federale Distrik (Distrito Federal) is ná die Meksikaanse Onafhanklikheid van 1821 op 18 November 1824 gestig.

Ná jare se eise vir groter politieke selfbeskikking, is inwoners die reg gegee om die regeringshoof en die verteenwoordigers van die eenkamerparlement deur 'n burgerstemming in 1997 direk te verkies. Sedertdien het die linkse Party van die Demokratiese Rewolusie (PRD) albei beheers. Daniel C. Schechter, Josephine Quintero. Lonely Planet Mexico City, City Guide [With Pullout Map]. Third Edition. Lonely Planet, 2008. bl. 288 (bl. 20-21). . In onlangse jare het die plaaslike regering 'n rits van liberale beleid ingevoer, soos aborsie-op-aanvraag, 'n beperkte vorm van genadedood, egskeidings en selfdegeslaghuwelike.

Naamsverandering Op 29 Januarie 2016 het Meksikostad opgehou om die "Federale Distrik" te heet (Spaans: Distrito Federal of D.F.) en is nou amptelik bekend as Ciudad de México (of CDMX). Meksikostad is tans in oorgang om dié land se 32ste federale entiteit te word wat dit 'n vlak van outonomie vergelykbaar met dié van 'n staat gee. 'n Klousule in die Grondwet van Meksiko verhoed egter dat dit 'n deelstaat word, aangesien dit die plek van mag in dié land is, tensy die hoofstad van die land elders heen verskuif word.

Sport Meksikostad het tussen 12 en 27 Oktober 1968 die Spele van die XIXde Olimpiade gehuisves, die eerste Olimpiese Spele in Latyns-Amerika, maar dit is deur baie gewelddadige onluste, soos studenteproteste, geteister. Dit was een van die gasheerstede tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1970, 1986 en 2026, asook die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999.

duimnael|senter|800px|Zócalo (Plein van die Grondwet) met die Katedraal van Meksikostad, die Nasionale Paleis en die regeringsgeboue van die Distrito Federal (stadsregering)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Federale Distrik se regering Amptelike webwerf van die Ministerie van Toerisme Amptelike Unesco-bladsy oor die historiese stadsentrum van Meksikostad en die watertuine van Xochimilco Amptelike Unesco-bladsy oor die sentrale campus van die nasionale outonome universiteit van Meksiko Reisgids oor Meksikostad

Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko