duimnael|links|200px|’n 19de-eeuse Duitse skildery van die Sewe Slapers. Boaan staan: "Bid vir ons, Heilige Sewe Slapers".
Al-Kahf (Arabies: سورة الكهف, "Die Spelonk") is die 18de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 110 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Metgeselle van die Spelonk
Die naam van die soera kom uit verse 9-26, wat die verhaal vertel van die "metgeselle van die spelonk".Aṣḥāb al-Kahf () 'n Paar jong gelowiges het in 'n tyd gelewe dat hulle vir hul geloof gemartel is. Onder leiding van God vlug hulle saam met 'n hond uit die stad waar gelowiges vervolg word en kruip weg in 'n grot, waar hulle aan die slaap raak. Toe hulle ná baie jare wakker word, vind hulle uit die inwoners van die stad het ook intussen gelowig geword.
Die gelykenis van twee mans Nog 'n verhaal is die gelykenis van twee mans, wat in verse 32-44 bespreek word: een wat seëninge van God gekry het en die ander een arm. Die ryk man het met sy rykdom en adellike afkoms begin spog.
In vers 36 sê die ryk man ook hy betwyfel die bestaan van die Oordeelsdag. Aan die einde van die gelykenis vernietig God dit wat hy aan die man gegee het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran