Die Adelaide-ovaal is 'n veeldoelige stadion in Adelaide, 'n groot stad in Australië.
Die stadion is in 1871 geopen. In 2009 het uitgebreide opknappings plaasgevind. Die staat het $535 miljoen toegestaan om die hele gebied te moderniseer sodat groot (internasionale) geleenthede voortaan hier gehou kon word. In November 2010 is die ou westelike pawiljoen vervang deur 'n nuwe een met groter kapasiteit. Twee nuwe pawiljoene is in 2012 bygevoeg (suid en oos). Die stadion kan 53 500 toeskouers huisves. Die speelveld is 167 by 124 meter.
Die stadion word hoofsaaklik vir krieket en Australiese voetbal gebruik. Rugby, sokker en tenniswedstryde word ook hier gespeel. Ten slotte is daar gereeld konserte in hierdie stadion. Die Adelaide Strikers-krieketklub gebruik hierdie stadion sedert 2011 en die Australiese sokkerklub Adelaide Football Club sedert 2014. Die Suid-Adelaide-krieketspan gebruik dit ook. Dié stadion is vir die Krieketwêreldbeker 1992, die Rugbywêreldbeker 2003, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 gebruik.
Fotogalery
Wedstryde Krieketwêreldbeker 1992
Rugbywêreldbeker 2003
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 22 Oktober 2003 50–3 Groep A 33 673 25 Oktober 2003 142–0 Groep A 28 196
Krieketwêreldbeker 2015
T20I-wêreldbeker 2022
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Adelaide-ovaal op Australian Stadiums & Sport Adelaide-ovaal op ESPNcricinfo
Kategorie:Adelaide Kategorie:Krieketstadions in Australië Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Australië Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions