thumb|182px|'n Dubbelblad van die Koran met die opskrif en eerste 29 verse van die soera "Maria". Iran, 1186. Chester Beatty-biblioteek, Dublin.

Maryam (Arabies: مريم, "Maria") is die 19de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 98 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Die soera is genoem na Maria, die moeder van Jesus en die Maagd Maria in die Christendom. Dit vertel van die gebeure wat die geboorte van Jesus voorafgegaan het, 'n onderwerp wat in Lukas 1 van die Bybel gedek word. Die teks verwys na baie bekende profete, insluitende Isak, Jakob, Moses, Aaron, Ismael, Henog (ook bekend as Iederies), Adam en Noag.

Die soera begin met die Basmala en die allegoriese letters (muqattaʿat) Kaaf, Haa, Jaa, Ein, Sôd. Die oorblywende 97 verse kan op baie maniere ingedeel word.Qutb, Sayyid. In the Shade of the Qur'an. http://kalamullah.com/shade-of-the-quran.html

Die Birminghamse Koranmanuskrip bewaar die laaste agt verse (Koran 19:91-98) op perkament. Dit word gedateer na tussen 56 V.H. (voor die hidjra), of 568 n.C., en 25 A.H. (ná die idjra), of 645 n.C. Die Sanaa-manuskrip van tussen 44 V.H. / 578 n.C. en 49 A.H. / 669 n.C sluit verse 2-28 in.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran