thumb|140px|links|Josef by sy vader, Jakob, en broers in Egipte, uit Zubdat-al Tawarikh (in die Museum van Turkse en Islamitiese Kuns in Istanboel), 1583 duimnael|180px|Yûsuf
Yûsuf (Arabies: يُوسُف, "Josef") is die 12de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 111 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka geopenbaar. Daar word gesê dit is in 'n enkele sitting geopenbaar, en dit is dus uniek wat dit betref. Die soera vertel die verhaal van Josef, seun van Jakob, wat 'n profeet in Islam is.
Anders as die weergawes van ander islamitiese profete, waarvan verskillende elemente en aspekte in verskillende soeras weergegee word, word die geskiedenis van Josef net in dié soera vertel, ten volle en in chronologiese volgorde. Die soera vertel ook van die waarheid wat, volgens Moslems, in drome opgesluit lê.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran