thumb|links|200px|Al-Hidjr, of Mada'in Salih.
Al-Hijr (Arabies: الحِجْرْ, "Die Rots") is die 15de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 99 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar, kort ná soera 12, Yusuf, in die laaste jaar in Mekka.
Nes ander soeras uit dié tydperk prys dit God. Dit waarsku die mense wat die boodskap verontagsaam en verskaf vertroosting en steun aan Mohammed.
Die soera se naam kom uit vers 80 en verwys na Mada'in Salih, 'n pre-Islamitiese argeologiese terrein wat soms Al-Hidjr genoem word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran