An-Nahl (Arabies: النحل, "Die By") is die 16de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 128 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Die naam kom van die heuningby wat in vers 68 genoem word en bevat 'n vergelyking tussen die nywerheid en aanpasbaarheid van heuningbye en die nywerheid van die mens.

Die soera waarsku teen politeïsme en teen vergelykings tussen God en enige geskapenes.Q16:74, islamawakened.com Dit prys God dat hy die aarde met al sy rykdom aan die mens gegee het. Volgens dié soera is al die wonders van die natuur, soos die see, sterre en berge, 'n bewys van God se onbeperkte mag.Q16:14, islamawakened.com Vers vertel van die wonder van melkproduksie in koeie: "En die vee hou vir julle waarlik ’n les in: Ons gee vir julle om te drink van wat in hulle buik is ~ van dít wat tussen die uitwerpsels en die bloed is ~ suiwer melk, smaaklik vir die drinkers."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Vers 67 praat van die wonder van die wingerd: "En van die vrugte van die dadelpalms en druiwe verkry julle sterk drank en goeie voedsel. Daar is sekerlik ’n teken hierin vir ’n volk wat sake oorweeg." Vers 103 gaan oor die bewerings dat Mohammed die Koran uitgedink het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran