thumb|links|130px|Uit die Koran: verse 34-44 van die soera "Die Israeliete", laat 14de-15de eeu.
Al-Isrâ’ (Arabies: الإسراء, "Die Israeliete") is die 17de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 111 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Die woord Isra verwys na die nagreis van Mohammed. Die soera is deel van 'n reeks al-Musabbihat-soeras, wat begin met die verheerliking van God.
Die vervoer van Mohammed na die "Verre Moskee"
Die naam van die soera kom van die eerste vers, wat vertel van die Isra, die vervoer van Mohammed in die nag van die Groot Moskee van Mekka na wat genoem word "die Verre Moskee". Die presiese ligging van laasgenoemde word nie in die Koran genoem nie, maar daar word algemeen aanvaar dat dit die Tempelberg in Jerusalem is. Sommige geleerdes verskil egter hiervan. Die stad Jerusalem word nie in die Koran genoem nie, maar wel in verskeie Hadit. Die eerste vers gaan oor die vervoer van Mohammed na die Verre Moskee:
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran