Ar-Ra‘d (Arabies: الرعد, "Die Donderstorm") is die 13de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 43 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina geopenbaar.

Die soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) ALMR. Dit word uitgespreek Alief, Laam, Miem, Raa. Die doel van die soera is om die waarheid teenoor die valsheid te stel, asook om onder meer te vertel van die uniekheid van God, die Oordeelsdag en die straf. Vers 15 bevat in sommige Korans 'n prostrasiesimbool ۩:Geïllustreer by Quran.com ۝ En alles wat in die hemele of op die aarde is, onderwerp hulle alleen aan Allah, hetsy gewillig of onwillig, en so ook hulle skaduwees, soggens sowel as saans.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran