thumb|160px|links|Vers 41 van die soera Al-Anfal. Bagdad, omstreeks 1305-1307. (Museum van die Islamitiese Tydperk).
Al-Anfâl (Arabies: ٱلْأَنْفَال, "Vrywillige Gawes")Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. is die 8ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 75 ajat, of verse. Dit is 'n Medinese soera, wat beteken dit is vermoedelik in Medina geopenbaar en nie in Mekka nie. Dit is voltooi ná die Slag van Badr. Dit vorm 'n eenheid met die volgende soera, At-Tawbah.Vertaling en kommentaar deur Javed Ahmad Ghamidi
Volgens die vooraanstaande Moslemse filosoof Abul A'la Maududi is die hoofstuk vermoedelik geopenbaar in 2 A.H. ná die Slag van Badr, die eerste verdedigende geveg tussen Mekkane en die inwoners van Medina nadat hulle van vervolging in Mekka gevlug het. Dit bevat 'n uitgebreide oorsig van die slag.
Naam Die soera word genoem Al-Anfal uit die eerste aja. Die woord beteken eintlik "oorlogsloot".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran