thumb|260px|Diagram van die Oordeelsdag, van 'n manuskrip deur die Soefistiese mistikus en Islamitiese filosoof Ibn Arabi, omstreeks 1238. Van die dele wat te sien is, is die Arsj (Troon van God), kansels vir die regverdiges (al-Aminoen), sewe rye engele, Gabriël (al-Roeh), Araf (die versperring), Kawthar (die Poel van Oorvloed), al-Maqam al-Mahmoed (waar die profeet Mohammed sal staan om namens die regverdiges te bemiddel), Mizan (die skaal), As-Sirat (die Brug), Djahannam (Hel) en Marj al-Djannat (Grasland van die Paradys).Begley, Wayne E. The Garden of the Taj Mahal: A Case Study of Mughal Architectural Planning and Symbolism, in: Wescoat, James L.; Wolschke-Bulmahn, Joachim (1996). Mughal Gardens: Sources, Places, Representations, and Prospects Dumbarton Oaks, Washington D.C., . pp. 229–231.
In Islam is al-A'raf (Arabies: الأعراف) 'n grensgebied of sluier tussen Djannah (hemel) en Djahannam (hel). Dit word bewoon deur diegene wie se sondes en deugsaamhede ewe veel was; hulle was nie heeltemal boos maar ook nie heeltemal goed nie. Dit kan beskryf word as 'n soort vaevuur met ontbering, maar sonder lyding.
Die woord is 'n meervoudsvorm en beteken letterlik "die Verhewe Plekke" in Afrikaans. Die ryk word beskryf as 'n hoë gordyn tussen Djahannam en Djhannah.Questions on Islam - Who are the companions of Araf, which is mentioned in the Surah Al-Araf? Die Arabiese historikus Ibn Kathir het al-A'raf beskryf as 'n muur met 'n hek. Die mense in dié hoë muur aanskou die verskrikking van die hel asook die skoonheid van die paradys. Hulle smag daarna om in die paradys in te gaan, maar hulle sondes en deugsaamhede balanseer mekaar uit. Met die genade van God se hulle egter onder die laaste mense wees wat die Paradys binnegaan.The People of Al-A'raf
Die Katolieke geleerde van islam Louis Massignon het geglo die Christelike begrip "limbo" is geïnspreer deur die Moeslemse vertolking van Araf.Cyril Glassé, Huston Smith The New Encyclopedia of Islam Rowman Altamira 2003 page 60
Araf word in die Koran beskryf in soera "Die Verhewe Plekke" (Al-A'raf), ajat 46-47.
Sien ook Vaevuur Limbo
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hiernamaals Kategorie:Islamitiese begrippe Kategorie:Arabiese woorde