Harlem is 'n woonbuurt in Bo-Manhattan in die stad New York. Dit word rofweg begrens deur die Hudsonrivier in die weste; die Harlemrivier en 155th Street in die noorde; Fifth Avenue in die ooste; en Central Park-Noord in die suide. Die groter Harlem sluit verskeie ander woonbuurte in.
Die buurt was aanvanklik 'n Nederlandse dorp wat in 1658 amptelik ontstaan het.Pierce, Carl Horton, et al. New Harlem Past and Present: the Story of an Amazing Civic Wrong, Now at Last to be Righted. New York: New Harlem Pub. Co., 1903. Dit is genoem na die stad Haarlem in Nederland.
Harlem se geskiedenis word gekenmerk deur 'n reeks ekonomiese siklusse van oplewing en insinking, met aansienlike bevolkingsverskuiwings wat met elke siklus gepaardgegaan het. Dit is in die 19de eeu hoofsaaklik deur Amerikaanse Jode en Italiane bewoon, maar Afro-Amerikaners het tydens die Groot Migrasie in die 20ste eeu in groot getalle daarheen getrek. In die 1920's en 1930's was Sentraal- en Wes-Harlem die middelpunt van die Harlem-renaissance, 'n groot Afro-Amerikaanse kultuurbeweging.
Teen die 1970's het baie inwoners wat dit kon bekostig uit die buurt getrek op soek na beter skole en huise en veiliger strate. Dié wat agtergebly het, was die armstes. Hoewel die regering $100 miljoen bestee het om werkopleiding en woonomstandighede oor 'n tydperk van 10 jaar te verbeter, het Harlem geen verbetering getoon nie."Harlem's Dreams Have Died in Last Decade, Leaders Say", The New York Times, 1 Maart 1978, p. A1.
Ná die 1990's het Harlem weer begin groei. Tussen 1990 en 2006 het die inwonertal met 16,9% toegeneem."Census trends: Young, white Harlem newcomers aren't always welcomed" , New York Daily News, 26 Desember 2010 Weens werkverliese tydens die Groot Depressie van die 1930's en die deïndustrialisasie van New York ná die Tweede Wêreldoorlog het armoede en misdadigheid in Harlem aansienlik gestyg. In die 21ste eeu het misdadigheid weer afgeneem en Harlem is opgeknap en gerestoureer.
Die gebied het 'n moltrein en busse. Daar is verskeie skole en dit is naby 'n aantal universiteite.
Geografie thumb|160px|links|'n Kaart van Bo-Manhattan, met Groter Harlem uitgelig. Die ware Harlem is in die middel.
Harlem is in Bo-Manhattan geleë. Die drie buurte wat die Groter Harlem uitmaak – Wes-, Sentraal- en Oos-Harlem – strek van die Harlem- en Oosrivier in die ooste tot die Hudsonrivier in die weste; en van 155th Street in die noorde tot 'n ongelyke grens in die suide wat strek van 96th Street oos van Fifth Avenue, 110th Street tussen Fifth Avenue en Morningside Park, en 125th Street wes van Morningside Park tot die Hudsonrivier.
Encyclopædia Britannica gee dié grense aan, maar die Encyclopedia of New York City beskou net Sentraal-Harlem as die ware Harlem.
Sentraal-Harlem is die naam van die ware Harlem; dit val onder Manhattan Community District 10. Dié deel word begrens deur Fifth Avenue in die ooste; Central Park in die suide; Morningside Park, St. Nicholas Avenue en Edgecombe Avenue in die weste; en die Harlemrivier in die noorde. Fifth Avenue en Marcus Garvey Park skei dié gebied van Oos-Harlem in die ooste.
Wes-Harlem omvat Manhattan Community District 9 en vorm nie deel van die ware Harlem nie.
Oos-Harlem, ook bekend as die Spaanse Harlem, of El Barrio, val in Manhattan Community District 11.
SoHa-omstredenheid In die 2010's het sommige eiendomsagente begin om Suid-Harlem en Morningside Heights "SoHa" te noem ('n naam wat vir "South Harlem" staan in die styl van SoHo ("South of Houston Street") en NoHo ("North of Houston Street"), ook in Manhattan, in 'n poging om die modernisering van die buurte te versnel. "SoHa", soos toegepas op die gebied tussen West 110th Street en 125th Street, het 'n omstrede naam geword.
Inwoners en ander kritici wat dié hernoeming van die gebied teengestaan het, het die naam SoHa beskryf as "beledigend en nog 'n teken van modernisering wat handuit geruk het". Volgens hulle "wis dit nie net die woonbuurt se ryk geskiedenis uit nie, maar lyk dit ook of dit daarop ingestel is om nuwe huurders te lok, insluitende studente van die nabygeleë Columbia-universiteit".
Verskeie New Yorkse politici het wetgewing begin om dié praktyk om woonbuurte te hernoem, stop te sit. In ander New Yorkse woonbuurte het dit gelei tot hoër huur en eiendomswaardes, sowel as 'n "verskuiwing in demografie".
Geskiedenis thumb|220px|Harlem, from the old fort in the Central Park, New York- openbare biblioteek. thumb|200px|Drie vroue van Harlem, omstreeks 1930.
Voor die aankoms van Europese setlaars is die gebied wat later as Harlem (aanvanklik Haarlem) bekend geword het, bewoon deur die Indiaanse clan Wecquaesgeek, wat deur Nederlandse setlaars Manhattans of Manhattoe gedoop is. Hulle het die gebied op 'n halfnomadiese basis beset. Tot 'n paar honderd het op die Harlemse vlaktes geboer. Tussen 1637 en 1639 is 'n paar nedersettings gestig. Harlem is in 1660 amptelik geïnkorporeer, onder die leierskap van Peter Stuyvesant."To Live In Harlem", Frank Hercules, National Geographic, February 1977, p. 178-
Tydens die Amerikaanse Rewolusie het die Britte Harlem tot op die grond afgebrand. Dit het lank geduur om die gebied te herbou, want Harlem het in die laat 18de eeu stadiger gegroei as die res van Manhattan."Harlem, the Village That Became a Ghetto", Martin Duberman, in New York, N.Y.: An American Heritage History of the Nation's Greatest City, 1968 Ná die Amerikaanse Burgeroorlog het Harlem 'n ekonomiese opbloei beleef, wat in 1868 begin het. Die buurt was 'n toevlugsoord vir New Yorkers, maar ook toenemend vir arm Jode en Italiane. Die bou van spoorlyne"The Growth and Decline of Harlem's Housing", Thorin Tritter, Afro-Americans in New York Life and History, January 31, 1998 het Harlem se ekonomiese groei aangehelp, want dit het Harlem met Laer en Sentraal-Manhattan verbind.
Die Joodse en Italiaanse inwoners het afgeneem, terwyl swart mense en Puerto Ricane in dié tyd toegeneem het. Die Groot Migrasie van swart mense na die noordelike nywerheidstede in die vroeë 20ste eeu is aangevuur deur hulle begeerte om die Jim Crow-wette van die Suide agter te laat en beter werk- en opvoedingsgeleenthede vir hulle kinders te soek. In die Eerste Wêreldoorlog het uitbreidende nywerhede swart werkers gesoek vir nuwe werke, waarvoor min werkers beskikbaar was omdat baie jong mans vir die weermag opgeroep is."The Making of Harlem" , James Weldon Johnson, The Survey Graphic, Maart 1925
Van omtrent die einde van die Tweede Wêreldoorlog is Harlem verbind met die New Negro-beweging en daarna die kunsbeweging bekend as die Harlem-renaissance, wat poësie, romans, die teater en beeldende kunste ingesluit het. So baie swart mense het gekom dat dit "die bestaan van sommige vooraanstaande nywerhede van Georgia, Florida, Tennessee en Alabama bedreig het"."118,000 Negroes Move From The South", The New York World, November 5, 1917 Baie van hulle het hulle in Harlem gevestig. Teen 1920 was 32,43% van Sentraal-Harlem se inwoners swart. Volgens die sensus van 1930 was 70,18% van hulle swart en het hulle tot so ver suid as Central Park, by 110th Street, gewoon.
Teen die 1930's is die buurt egter hard getref deur werkverliese tydens die Groot Depressie. In die vroeë deel van die dekade was 25% van die inwoners werkloos, en werkvooruitsigte het dekades lank sleg gebly. Indiensneming onder swart New Yorkers het gedaal namate sommige tradisioneel swart poste, soos dié vir huiswerkers en sommige soorte handarbeid, deur ander etniese groepe oorgeneem is. Baie nywerhede het New York heeltemal verlaat, veral ná 1950. Verskeie opstande het in dié tyd in Harlem uitgebreek, insluitende dié van 1935 en 1943.
thumb|200px|'n Woonstelblok in Sentraal-Harlem. thumb|200px|'n Vervalle gebou in Harlem ná die 1970's. Groot veranderings het nà die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind. In die laat 1950's en vroeë 1960's was Harlem die terrein van 'n reeks stakings deur huurders teen hoë rente. Die groepe wat die optogte gelei het, wou hê die stad moes woonsteleienaars dwing om die gehalte van huisvesting te verbeter, rotte en kakkerlakke uit te roei, hitte in die winter te voorsien en huur te beperk.
Die grootste openbare projekte in dié jare in Harlem was openbare huisvesting, met die meeste wat in Oos-Harlem gebou is."A Landmark Struggle", Lisa Davis, Preservation Online, November 21, 2003 Bestaande strukture is afgebreek en met eiendomme vervang wat in die stad ontwerp en bestuur is. In die teorie sou dit 'n veiliger en aangenamer omgewing skep as dié deur privaat eienaars. Vanweë besware uit die gemeenskap is die bou van nuwe projekte stopgesit.East Harlem's History , New Directions: A 197-A Plan for Manhattan Community district 11 (hersien 1999)
Van die middel 20ste eeu af was die gehalte van opvoeding in Harlem 'n bron van kommer. In die 1960's het sowat 75% van leerlinge in Harlem onderpresteer in lees en 80% in wiskunde.Pinkney & Woock, Poverty and Politics in Harlem (1970), p. 33. In 1964 het inwoners twee skoolboikotte begin om aandag op die probleem te vestig. In Sentraal-Harlem het 92% van studente tuis gebly.
In die tydperk ná die oorlog was Harlem nie meer die grootste tuiste van die stad se swart mense nie,"Harlem Losing Ground as Negro Area", New York Herald Tribune, April 6, 1952 maar dit het die kulturele en politieke hoofstad van swart New York, en moontlik swart Amerika, gebly.Powell, Michael. "Harlem's New Rush: Booming Real Estate" , The Washington Post, 13 Maart 2005. Besoek op 18 Mei 2007.Brooks, Charles. "Harlemworld: Doing Race and Class in Contemporary Black America – nonfiction reviews – book review", Black Issues Book Review, Maart-April 2002. Besoek op 18 Mei 2007.
Teen die 1970's het baie inwoners wat dit kon bekostig uit die buurt getrek op soek na beter skole en huise en veiliger strate. Dié wat agtergebly het, was die armstes en swaks geskooldes, met die minste geleenthede vir sukses. Hoewel die federale regering $100 miljoen bestee het om werkopleiding, gesondheidsorg, opvoeding, openbare veiligheid, saniteit, huisvesting en ander omstandighede oor 'n tydperk van 10 jaar te verbeter, het Harlem geen verbetering getoon nie.
Die stad het sy talle eiendomme in Harlem in 1985 op veilings begin verkoop. Die doel was om die gemeenskap te verbeter deur eiendomme in die hande te plaas van die mense wat daar woon en dit moes onderhou. In baie gevale sou die regering 'n eiendom heeltemal restoureer en dit dan teen laer as markprys verkoop.Stern, Fishman & Tilove, New York 2000 (2006), p. 1016
Ná die 1990's het Harlem weer begin groei. Tussen 1990 en 2006 het die inwonertal met 16,9% toegeneem, en die persentasie swart inwoners het van 87,6% tot 69,3% gedaal. Teen 2010 het dit verder, tot 54,4%, gedaal. Die persentasie wit inwoners het teen 2006 van 1,5% tot 6,6% toegeneem, en teen 2010 tot "byna 10%".
Kultuur thumb|220px|Welkombord bo die voormalige Victoria 5-rolprentteater in 125th Street.
In die 1920's en 1930's was Sentraal- en Wes-Harlem die fokus van die "Harlem-renaissance", 'n skepping van kunswerke sonder presedent in die Amerikaanse swart gemeenskap. Hoewel Harlem se musikante en skrywers veral goed onthou word, was die buurt ook die tuiste van talle akteurs en teatermaatskappye, insluitende die New Heritage Repertory Theater, National Black Theater, Lafayette Players, Harlem Suitcase Theater, The Negro Playwrights, American Negro Theater en Rose McClendon Players.Jim Williams, "Need for Harlem Theater", in Harlem: A Community in Transition, 1964. p.158
200px|left|thumb|Die Apollo-teater in 125th Street in November 2006.